Blog

Hospitaal Vorder Fluks

Hospitaal Vorder Fluks

Gans-Berg Nuus / News

Hospitaal Vorder Fluks

Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, Gansbaai se eie hospitaal, vorder fluks. Dr Pierre Nel se vingers is op die ‘polse’ van die bou-bedrywighede, saam met die ontwikkelaar, Gerrit Meyer en die bouer, Fanie Theron, asook ander betrokkenes.

Gedurende Maart 2024 het Pierre aan die Gans-Berg Nuus (29 Maart 2024) gesê hy is tevrede met die naderende voltooiing van die Noodeenheid wat 24 uur van die dag en 7 dae van die week sal funksioneer. Hy het ook gesê die “Commissioning” van die Departement van Gesondheid behoort teen die einde van Augustus 2024 voltooi te wees. Die riool-aansluitings is geruime tyd gelede reeds voltooi en die konstruksiewerk aan die teater en saalblokke is op dreef.

‘n Lang en moeilike pad is aanvanklik gestap, maar die goeie nuus vir Gansbaaiers is dat daar lankal reeds nie meer kommer bestaan oor ‘n eie hospitaal vir Gansbaai nie. “Na soveel jare se harde werk en deursettingsvermoëns, is ons uiteindelik vandag hier om die eerste sooi vir Overstrand Medical Centre te spit,” het Raadsdame Riana de Coning op 28 Julie 2023 gesê - en kyk waar staan ons nou ‘n jaar later. Geluk aan elke rolspeler en baie sterkte vir die pad vorentoe met die bou van hierdie noodsaaklikheid vir Groter Gansbaai.

Hardus Botha
 

Hospitaal Vorder Fluks

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!