Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026
Catch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, Gansbaai se eie hospitaal, vorder fluks. Dr Pierre Nel se vingers is op die ‘polse’ van die bou-bedrywighede, saam met die ontwikkelaar, Gerrit Meyer en die bouer, Fanie Theron, asook ander betrokkenes.
Gedurende Maart 2024 het Pierre aan die Gans-Berg Nuus (29 Maart 2024) gesê hy is tevrede met die naderende voltooiing van die Noodeenheid wat 24 uur van die dag en 7 dae van die week sal funksioneer. Hy het ook gesê die “Commissioning” van die Departement van Gesondheid behoort teen die einde van Augustus 2024 voltooi te wees. Die riool-aansluitings is geruime tyd gelede reeds voltooi en die konstruksiewerk aan die teater en saalblokke is op dreef.
‘n Lang en moeilike pad is aanvanklik gestap, maar die goeie nuus vir Gansbaaiers is dat daar lankal reeds nie meer kommer bestaan oor ‘n eie hospitaal vir Gansbaai nie. “Na soveel jare se harde werk en deursettingsvermoëns, is ons uiteindelik vandag hier om die eerste sooi vir Overstrand Medical Centre te spit,” het Raadsdame Riana de Coning op 28 Julie 2023 gesê - en kyk waar staan ons nou ‘n jaar later. Geluk aan elke rolspeler en baie sterkte vir die pad vorentoe met die bou van hierdie noodsaaklikheid vir Groter Gansbaai.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!
This week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...
This week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.
Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.
This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.