Franskraal se Aanlyn-Kunstenaars

Franskraal se Aanlyn-Kunstenaars

Gans-Berg Nuus / News

Image

Franskraal se Aanlyn-Kunstenaars

Franskraal se kunstenaars is steeds goed aan die gang na die suksesvolle aanbieding van die Franskraal Kunsroete 2024, of te wel ‘Franskraal Open Studio Art Route’ gedurende die Paasnaweek. Dit was as ‘n geskiedkundige gebeurtenis beskou en is deur die Franskraal Belastingbetalers- en Inwonersvereniging (FBBV) gereël.

Daar is nou ‘n stappie verder gegaan - ‘n aanlyn solo-uitstalling, wat voortgevloei het uit die suksesvolle Franskraal Kunsroete. Hierdie aanlyn-uitstalling het reeds op 17 Junie 2024 begin en duur tot en met 3 Augustus 2024. Agt (8) kunstenaars is gehuisves wat aan die aanlyn-uitstalling deelneem. Elke kunstenaar voer vir ‘n week lank die woord. Die doel daarmee is om kunstenaars van Franskraal ‘n wyer gehoor en ook meer sigbaarheid te gee. Susan van Zyl van Art4Heart is die koördineerder van die Solo-uitstalling.

Die aanlyn-kunstenaars:

Natalie (17-22 Junie); Isabelle-Anne (24-29 Junie); Hester (1-6 Julie); Martha (8-13 Julie); Mimmie 15-20 Julie); Bilhah (23-27 Julie); Dries en Susan (29 Julie - 3 Augustus).

Hardus Botha

Franskraal se Aanlyn-Kunstenaars

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gansies Triomfeer met Groot Brag

Gansies Triomfeer met Groot Brag

Ja-nee, met 8 wenne uit 13 netbalwedstryde en 4 wenne uit 5 rugbywedstryde teen Laerskool De Villiers Graaf (Akkedissies)...

Gansbaai Posduifklub: Wedvlug 10 - Leeu Gamka (290km)

Gansbaai Posduifklub: Wedvlug 10 - Leeu Gamka...

Verlede week se weersomstandighede was maar baie wisselvallig en Saterdag was dit ook so met die loslating van die duiwe by Leeu Gamka.

Bejaardes Geniet ‘Konsert’ Deur Gansbaai Academia

Bejaardes Geniet ‘Konsert’ Deur Gansbaai ...

Gansbaai Academia se gesellige besoek aan Silwerjare Dienssentrum was nie sommer net ‘n welwillendheidsbesoek nie.

Galjoen Competition 2024: Big Prizes and Exciting Surprises

Galjoen Competition 2024: Big Prizes and Exci...

The third successful and popular ‘Galjoen’ Competition occurred on Saturday, 17 August 2024. 

Importance of Fires, even Wildfires

Importance of Fires, even Wildfires

Why are fires, even wildfires, important in the Overberg?

Overberg Houtwerkgilde

Overberg Houtwerkgilde

Demonstrasies vir las van segmente en draai van bakke.