Blog

Bek-en Klouseer: Wes-Kaap

Bek-en Klouseer: Wes-Kaap

Gans-Berg Nuus / News

Bek-en Klouseer: Wes-Kaap

‘n Wes-Kaap Bek- en Klouseer Werkgroep het dringend onder die voorsitterskap van mnr Jaco van den Berg, RPOWK Voorsitter, vergader om die dreigende gevaar van Bek- en Klouseer (BKS) aan te spreek. Hierdie vergadering is gereël na afloop van ʼn vergadering op 7 Junie 2024 wat deur die Departement Landbou, Wes-Kaap gefasiliteer is. Alle rolspelers in die rooivleisindustrie is uitgenooi na die vergadering en het onder andere die Departement van Landbou, Wes-Kaap se Veeartsenydienste (“die Departement”), Rooivleis Produsente Organisasie, Wes-Kaap (RPOWK), Agri Wes-Kaap (AWK), Nasionale Wol Kwekers Vereniging (NWKV), Melk Produsente Organisasie (MPO), Landbou Produkte Agente Raad (APAC), Suid-Afrikaanse Vereniging vir Lewendehawe Afslaers (SAFLA) en die Abattoir Vereniging die vergadering bygewoon.

Die hoofpunte van bespreking het gehandel oor elke rooivleisindustrierolspeler se uitdagings en hoe hulle dit die hoof bied. Die Departement het ook toeligting verskaf oor wat die huidige stand van BKS is, watter voorsorgmaatreëls getref word om die verspreiding van BKS na die Wes-Kaap te voorkom en wat die reaksieplan is, sou BKS na die Wes-Kaap versprei.

Voorkomingsmaatreëls: 

*‘n Eienaarsverklaring moet enige skape, bokke en beeste wat vervoer word vergesel. Hierdie verklaring moet die plek van oorsprong van die diere, hul gesondheidstatus en bestemming van diere bevat (Staatskoerant 47263).

*ʼn Onderneming deur die koper wat aandui dat alle diere vir ʼn tydperk van 28 dae onder kwarantyn gehou sal word moet vervoerde diere vergesel (Staatskoerant 47263).

*Artikel 6 en 8 sertifikate in terme van die Veediefstalwet 57 van 1959 moet alle diere wat vervoer word vergesel.

*Die Wes-Kaap Verkeersdienste is versoek om bystand te bied met die monitering van voertuie wat lewendehawe vervoer.

*Die Wes-Kaap Veediefstaleenhede is versoek om bystand te bied met die monitering van voertuie wat lewendehawe vervoer. 

Versoek aan Rooivleis Industriële rolspelers: 

*Moenie diere vanaf BKS-besmette areas of areas onder bewegingsbeheer aankoop of vervoer nie.

*Dis riskant om diere op ʼn veiling buite die Wes-Kaap Provinsie te koop en slegs veilings wat aan die APAC voorskrifte voldoen moet by aangekoop word. 

*Voertuie wat diere vervoer moet gewas en ontsmet word nadat diere afgelaai is en voordat diere weer opgelaai word - ʼn sertifikaat wat die datum, tyd en ontsmettingsmiddel aandui wat gebruik is, moet te alle tye voertuie vergesel.

*Voermateriaal wat diere vergesel moet vernietig word.

*Verkry ʼn gesondheidsertifikaat deur ʼn privaat veearts van diere wat aangekoop word, veral diere aangekoop buite die Wes-Kaap Provinsie.

*Meld enige verdagte BKS gevalle onmiddellik by u naaste staatsveearts aan. 

Reaksie-maatreëls: 

Die Departement het weer eens bevestig dat ʼn gebeurlikheidsplan reeds vir die Wes-Kaap in plek is. “Dit is van uiterse belang dat elke produsent pro-aktief moet optree en sorg dat hul eie bio-sekuriteit in plek is. Hierdie inisiatief met die betrokkenheid van alle rolspelers in die rooivleisindustrie se doel is om die regte nuus op die regte platforms met die regte bewyse te deel,” sê Jaco van den Berg, RPOWK Voorsitter. Louis Wessels, Agri Wes-Kaap Bestuurder: Regsdienste, sê: “Ons wil verseker dat alle rolspelers in die rooivleisindustrie effektief met mekaar kommunikeer en verseker dat pro-aktief opgetree word om die verspreiding van BKS na die Wes-Kaap te probeer verhoed. Ons wil ook alle rolspelers, insluitend produsente, aanmoedig om te verseker dat hul biosekuriteitsmaatreëls in plek is.”

Die Wes-Kaap Bek- en Klouseer Werkgroep sal tweeweekliks vergader, met die volgende vergadering geskeduleer vir 18 Julie 2024, om die BKS situasie te monitor en sal terugvoer oor enige verwikkelinge aan lede van die onderskeie organisasies versprei word. 

Vir enige navrae kan Louis Wessels by louis@awk.co.za gekontak word, of kontak Helena van Eeden by helena@awk.co.za.

Rojeanne de Wet

(Skakelbeampte - 071 170 3744)

Bek-en Klouseer: Wes-Kaap

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Boomplanting vir simbolisering van Kerkeenheid

Boomplanting vir simbolisering van Kerkeenhei...

Sondag, 25 Mei 2025 was 'n Sending Sondag (Missionaal) wat diep in die harte van die NG- en VG-gemeentes ingekruip het.

Birkenhead Boothengelklub Birkenheaders goed op dreef

Birkenhead Boothengelklub Birkenheaders goed ...

Die Birkenhead Boothengelklub se hengelaars het goed gedoen met Saterdag, 17 Mei 2025 se boothengelkompetisie.

Gans-Berg Newspaper - 6 June 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 6 June 2025 Edition

Catch up on the latest local news, events, and community highlights from Gans-Berg Nuus - 6 June 2025!

SA wins another Gold at RHS Chelsea Flower Show

SA wins another Gold at RHS Chelsea Flower Sh...

South Africa wins yet another Gold at this year's RHS Chelsea Flower Show.

Welkom aan nuwe Tandarts

Welkom aan nuwe Tandarts

Dr Markus Botes, Gansbaai se nuwe tandarts, het onlangs die vorige tandarts, Dr De Villiers, se praktyk oorgekoop, wat met pensioen afgetree het.

Noodkreet vir OMR Ambulansdienste

Noodkreet vir OMR Ambulansdienste

'n Noodkreet gaan uit na die gemeenskap, besighede en individue vir die voortbestaan van Overstrand Medical Response (OMR)...