Gans-Berg Nuus / News | 4 September 2026
Stay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
Die Seagulls Netbalspan onder leiding van Sylvia Jacobs het hulself weer eens bewys - die span is uitgenooi om aan twee groot sportdae (netbal, rugby, ens) op 6 en 7 September 2024 in Heidelberg te gaan deelneem. Die span spog met trofeë, medaljes en sertifikate wat in die verlede verwerf is.
September klink nog ‘ver’ in die toekoms, maar hierdie gedugte netbalspan het ‘n groot probleem - hulle kan nie sonder die hulp van borgskappe gaan deelneem nie. “Ons beplan fondsinsamelings, maar doen ‘n beroep op die sakelui en gemeenskap vir borgskappe om ons mee te help,” is Sylvia se pleidooi. Borgskappe of donasies vir 15 netbalspelers word vir die volgende benodig: swart sokkies, swart mussies, 2 x netbalballe en hulp met brandstof.
“Ons nooi ook graag netbal-belangstellendes vanuit alle gemeenskappe in Groter Gansbaai om by ons aan te sluit,” het Sylvia gesê. “Ons bestaan nie nét uit Blompark-inwoners nie.”
Vir navrae, maar veral in hierdie geval, borgskappe vir die toernooi in September, kan Sylvia Jacobs by 072 413 6861 gekontak word. Dit is vir die Gans-Berg Nuus ‘n plesier om die Seagulls op hierdie wyse te kan ondersteun.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreStay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is here!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out now!