Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition
Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Laerskool Gansbaai (LSG) se uitstaande Junior- en Senior Kore was bereid om die afgelope wintervakansie op te offer vir die derde agtereenvolgende jaar se omvangryke koorwerkswinkel - bravo aan elke staatmaker-koorlid!
“Dapper Gansie-koorlede het, gepantser teen die koue, hul absolute toewyding gegee om hulself goed vir die komende Helderberg Eisteddfod in Julie vanjaar te gee,” vertel Asanti Smit, koorleier en -afrigter van LSG se skoolkore. “Dit dien ook as voorbereiding vir die musiekaand saam met Anton Goosen, ons ‘eie’ Liedjieboer, aan die begin van Augustus 2024.”
Gedurende die koorwerkswinkel, onder leiding van Asanti, het die onderskeie kore onder andere hulle stemkwaliteit, gehoor en konsentrasie op kreatiewe maniere uitgebrei. “Die leerders het terselfdertyd baie hard gewerk aan die afronding van hul liedjies vir die twee belangrike koorgeleenthede wat op hulle wag,” het Esti Goosen van LSG gesê. “Namens die skool dra ek ook ons opregte dank en waardering teenoor Asanti oor, wat nie net háár tyd aan die skool skenk nie, maar ook haar ma, Tannie Annetjie Smit se tyd, wat sy ingespan het om met die klavierbegeleiding te help.” Annetjie was vir baie jare self ‘n bekende koorafrigter en het ook haar eie musiekskool gehad.
“Baie dankie aan al ons koorlede wat in hul vakansietyd bereid was om skool toe te kom en saam met Asanti hard gewerk het - julle opoffering en getrouheid word raakgesien en opreg waardeer,” het Esti gesê.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreHere’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...