Blog

LSG Kore Offer Vakansie Op

LSG Kore Offer Vakansie Op

Gans-Berg Nuus / News

LSG Kore Offer Vakansie Op

Laerskool Gansbaai (LSG) se uitstaande Junior- en Senior Kore was bereid om die afgelope wintervakansie op te offer vir die derde agtereenvolgende jaar se omvangryke koorwerkswinkel - bravo aan elke staatmaker-koorlid!

“Dapper Gansie-koorlede het, gepantser teen die koue, hul absolute toewyding gegee om hulself goed vir die komende Helderberg Eisteddfod in Julie vanjaar te gee,” vertel Asanti Smit, koorleier en -afrigter van LSG se skoolkore. “Dit dien ook as voorbereiding vir die musiekaand saam met Anton Goosen, ons ‘eie’ Liedjieboer, aan die begin van Augustus 2024.”

Gedurende die koorwerkswinkel, onder leiding van Asanti, het die onderskeie kore onder andere hulle stemkwaliteit, gehoor en konsentrasie op kreatiewe maniere uitgebrei.  “Die leerders het terselfdertyd baie hard gewerk aan die afronding van hul liedjies vir die twee belangrike koorgeleenthede wat op hulle wag,” het Esti Goosen van LSG gesê.  “Namens die skool dra ek ook ons opregte dank en waardering teenoor Asanti oor, wat nie net háár tyd aan die skool skenk nie, maar ook haar ma, Tannie Annetjie Smit se tyd, wat sy ingespan het om met die klavierbegeleiding te help.” Annetjie was vir baie jare self ‘n bekende koorafrigter en het ook haar eie musiekskool gehad.

“Baie dankie aan al ons koorlede wat in hul vakansietyd bereid was om skool toe te kom en saam met Asanti hard gewerk het - julle opoffering en getrouheid word raakgesien en opreg waardeer,” het Esti gesê.

Hardus Botha

LSG Kore Offer Vakansie Op

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

The latest edition of Gans-Berg News is out now!

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

This week's edition features important community news...

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 2026)

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 20...

This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.

Gans-Berg News - 29 May 2026

Gans-Berg News - 29 May 2026

This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.

Gans-Berg News - 22 May 2026

Gans-Berg News - 22 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.

Gans-Berg News - 15 May 2026

Gans-Berg News - 15 May 2026

From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.