Filler: Mole Snake
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
‘n Voormalige en bekende sakeman van Gansbaai, Ben (Petrus Benjamin) Gericke is op 29 Junie vanjaar in die ouderdom van 68 jaar oorlede. Gansbaaiers sal hom as ‘Ben Hoender’ onthou vanweë sy voormalige eienaarskap van die bekende Kekkel en Kraai. Ben was een van 6 kinders, 4 seuns en 2 dogters, waarvan hy die eerste een is wat deur die dood weggeneem is.
In Oktober 2020 het Ben ‘n drie-dubbele hartomleiding ondergaan, maar het goed herstel. In Julie 2023 was hy terug in Panoram Hospitaal waar hy ‘n rugoperasie ondergaan het. Daarna het Ben se gesondheid agteruit begin gaan - hy het al moeiliker begin loop en later van ‘n loopraam en rolstoel gebruik gemaak. Sedert Februarie 2024 kon hy nie meer loop nie. Sowat ‘n week voor sy dood is Ben in die Suideroord Versorgingseenheid in Bredasdorp opgeneem waar hy oorlede.
Ben is in Tiervlei op 25 Mei 1956 gebore waar sy pa in die gevangenisdiens werksaam was. Gans-Berg Nuus het verneem dat Ben as woelige skoolseun sy ouers gryshare besorg het - nie met stoutighede nie, maar hulle het gereeld ‘n oproep ontvang dat hy in die hospitaal is: ‘n gebreekte arm, twee gebreekte polse en ‘n gebreekte elmboog en op ‘n stadium het dinge skeef geloop by ‘n braaivleisvuur waar hy erge brandwonde opgedoen het en veloorplantings moes kry - nou-ja, woelig is nie die woord nie!
Op 13 Junie 1978 is Ben met Ina in die huwelik bevestig. Twee kinders, Johan (40) en Jackie (45) is uit die huwelik gebore en Ben was die trotse oupa van 4 kleinkinders. Ina is in ‘n verplegingsberoep en werk tans as ‘n Suster by Kidbrooke Aftree-oord in Hermanus.
Ben se beroepslewe was hoofsaaklik finansies en oudit-gedrewe. In Gansbaai sal Ben as die eerste eienaar in 1997 van die bekende Kekel & Kraai onthou word. Hy bedryf die besigheid vir sowat 15 jaar voordat hy dit in 2022 verkoop. Dit is gedurende hierdie tyd wat Ben homself die bynaam van ‘Ben Hoender’ op die hals gehaal het. “Daarna was Ben vir sowat 8 maande met ‘pensioen’, maar het vinnig vervelig begin raak,” vertel Ina. “Hy aanvaar die pos van oordbestuurder by Pearly Beach Resort / Strandoord, waar hy vir sowat 5 jaar werk, voordat hy in 2018 finaal tot ruste kom.”
Gedurende Ben se jare in Gansbaai, was hy aktief in die gemeenskap betrokke: Gansbaai Sakekamer; een van die stigterslede van Perlemoenbaai Buurtwag; die eerste lid van Afriforum, Gansbaai; betrokke by Jan en SD Fourie se Geskiedenisboek oor Gansbaai en sy mense - om net ‘n paar te noem. ‘n Nalatenskap vir Groter Gansbaai etlike jare gelede was Ben se entoesiastiese, self-opgelegte taak om GPS-punte in Groter Gansbaai te versamel en aan Garmin Muizenberg vir vaslegging deur te stuur. Ben het op sy eie van punt A na B, ens gery om dit te kon regkry.
Ben het ook bekendgestaan vir gesellige humor. “Hy het nooit sy suster, Elcine, as sy suster aan mense voorgestel nie,” vertel sy swaer, Johan Hulme. “Hy het altyd gesê ‘dis my swaer en dis sy vrou’, Elcine!” Ben en Johan het ook gereelde toere saam aangepak, waarvan sommiges dit net die twee van hulle was. Ben se seun, Johan van Gericke Argitektoniese Dienste in Gansbaai, het ook na sy pa se humor verwys. “Een ding van my pa wat ek graag wil uitlig, is dat hy altyd positief was en gesê het dit gaan goed, ongeag wat sy omstandighede ookal was - ‘dit gaan baie goed, ‘Tjoepie’, wat sy bynaam vir my was,” het Johan gesê.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreA punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.
Die jaar is bykans agter die rug en dit is weer tyd vir ons jaarlikse Vissermansdankdiens.