Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026
Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
Die Overberg Houtwerkgilde beoefen nie net ‘n stokperdjie vir hulle eie plesier nie - baie aandag word aan vooraf beplande projekte ten bate van liefdadigheid gegee - wat as ‘n baie mooi gebaar gesien kan word.
Een van die projekte is onlangs gefinaliseer - herstelwerk te Elim Dagsorgsentrum in Gansbaai. Onder andere herstelwerk aan muur- en vloerlyste, ‘n kasdeur wat gehang is en die buitebande van die swaaie, asook ligte wat vervang is.
By Elim Kinderhuis in Elimis daar ook deur die houtwerkspan gewoeker. Speelgoed vir die seuns is gefinaliseer en sal eersdaags amptelik aan hulle oorhandig word. Dan het Francette en helpers 25 poppies vir die dogters gebrei.
Tydens ‘n onlangse byeenkoms het Hennie Prinsloo insiggewende demonstrasies aan die lede gelewer: ‘n swaelster ‘jig’ by die gebruik van ‘n router; ‘n ‘jig’ vir die las van hoeke; ‘n ‘jig’ om voetstukke vir ‘n ronde bak op ‘n rolsaag te sny. Demonstasies en die uitruil van kennis op die gebied van houtwerk, is een van die hoofdoelwitte van die gilde.
Overberg Houtwerkgilde vier vanjaar hulle 30ste bestaansjaar. ‘n Nuwe embleem (logo) is goedgekeur en ’n feestelike geleentheid word vir Saterdag, 7 September 2024 voor Build It beplan. Produkte wat deur lede gemaak is, sal uitgestal word, asook leweransiers wat hulle produkte sal uitstal. Sterkte aan die Feeskomitee wat reeds saamgestel is, dit is beslis ‘n geleentheid waarna uitgesien kan word.
Navrae oor Overberg Houtwerkgilde se doen en late kan aan De Wet Conradie by 082 826 4411 gerig word.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...
This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
This week’s edition covers several important local and international stories.
This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.
Here’s what’s making headlines in our latest edition!