Boomplanting vir simbolisering van Kerkeenhei...
Sondag, 25 Mei 2025 was 'n Sending Sondag (Missionaal) wat diep in die harte van die NG- en VG-gemeentes ingekruip het.
2024 Bakleiliga Kampioene
Gansbaai Gholfklub se Bakleiliga-span, onder leiding van Bev Swart as Ligakaptein, klop Bonnievale in die Finaal en keer terug as die 2024 Bakleiliga Kampioene - baie geluk aan julle.
Woensdag, 17 Julie 2024:
Solly Wessels wen die Enkel Stableford Sloegterskompetisie met 34 punte, gevolg deur Joe Cesare 33, Hugo Groenewald 33, Andrew Dalgleish 32, Rene Myburgh 32, Philip Taylor 32, Johan Coetzee 31, Daan Victor 31, Clive Bailey 30 en Leon Lombaard 28.
Naaste aan die pen op no 11 was Joe Cesare (geel bof).
Vrydag, 19 Julie 2024:
Geen gholf as gevolg van die weer.
Saterdag, 20 Julie 2024:
Daar was geen klubkompetisie as gevolg van die Bakleiliga wat op Gansbaai Gholfklub in hul Liga Finaal kom speel het nie. (Spelers met ‘n hc van minimum 18 en maksimum 28). Klubs wat deelgeneem het was Gansbaai, Bonnievale, Montagu, Swellendam, Bredasdorp en Theewaterskloof.
Gansbaai se span het onder leiding van Bev Swart teen Bonnievale in die finaal gespeel en 3/0 gewen. Gansbaai Gholfklub is dus die 2024 Bakleiliga wenners! Veels geluk aan almal wat deur die jaar vir die span gespeel het. Die volgende spelers het in die finaal gespeel: Bev Swart (Ligakaptein), Bertie Laubscher, Rene Lambrecht, Hugo Groenewald, Johan Coetzee en Stephen Brown. Die dag was ‘n groot sukses met baie pret en lekker eet.
Die manne bedank almal die drie pragtige dames vir die lekker ete - Gerty, Helga en Lizette - dit was puik! Die ander pragtige dame wat die natgat so spesiaal gemaak het, was Francis Swart. Dankie, lieflike dames, julle het beslis die dag onvergeetlik gemaak. Ons dank aan Heineken en Francois vir die bier en Build It en Bertie vir Raka wyn. Dankie ou blou oë, dankie ou grote. Dankie ook aan ons Kaptein, Clive Bailey, wat vir Montagu ingestaan het, asook aan Ian, ons puik Kroegman. Dankie aan Leon Diedericks vir al jou hulp. Julle almal het gesorg vir ‘n manjefieke dag vol pret. Bev Swart is gekies as voorsitter van die Bakleiliga - mooi skoot, Bev.
Overberg Brodie Liga:
Gansbaai verloor 2.5 teenoor Arabella se 3.5. Die span was Pieter Loubser (Liga Kaptein), Willem Germishuys, Melvin Tobias, Francois van der Merwe, Corrie Avenant en Andre Hage.
Uitklopkompetisies:
Christo Spanellis & Hannes Linde wen vir Wally van Coller & Solly Wessels in die American Scramble en gaan deur na die volgende rondte.
Sondag, 21 Julie 2024:
Geen gholf.
Saterdag, 27 Julie 2024:
Kompetisie is ‘n Bonus Bogey.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreSondag, 25 Mei 2025 was 'n Sending Sondag (Missionaal) wat diep in die harte van die NG- en VG-gemeentes ingekruip het.
Die Birkenhead Boothengelklub se hengelaars het goed gedoen met Saterdag, 17 Mei 2025 se boothengelkompetisie.
Catch up on the latest local news, events, and community highlights from Gans-Berg Nuus - 6 June 2025!
South Africa wins yet another Gold at this year's RHS Chelsea Flower Show.
Dr Markus Botes, Gansbaai se nuwe tandarts, het onlangs die vorige tandarts, Dr De Villiers, se praktyk oorgekoop, wat met pensioen afgetree het.
'n Noodkreet gaan uit na die gemeenskap, besighede en individue vir die voortbestaan van Overstrand Medical Response (OMR)...