Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
Pelagiese vissermanne word bederf... 7 bote kry snoesige mussies by VLV.
“Wat van ons Pelagiese Vissermanne wat die winterkoue op die bote moet trotseer?” is ‘n tyd gelede deur die op-en-wakker Gansbaai VLV-dames gevra, “terwyl daar gereeld mussies vir instansies, skole, organisasies en bejaardes gebrei of gehekel word!” En, siedaar, die VLV-hand is aan die ploeg geslaan en die bemanning van al 7 ons Pelagiese Vissersbote het elkeen ‘n snoesige mussie ontvang!
Louisa de Wet, Annatjie Liebenberg en Senerita van der Walt het op Maandag, 22 Julie 2024 vir elke boot, sewe van hulle, die welkome pakkies oorhandig. Elke boot se aantal gebreide mussies is netjies in ‘n spesiale pakkie verpak - met elke boot se naam wat pragtig op die onderskeie pakkies aangebring is. Walskipper Wessel Lourens het die pakkies namens die onderskeie skippers en bemanningslede in Gansbaai Hawe in ontvangs geneem. Wessel is ook nie afgeskeep nie - hy het ook ‘n pakkie ontvang, ingesluit ‘n warm gehekelde kombers. Wessel het sy opregte dank en waardering vir hierdie gebaar uitgespreek en gesê die vissermanne sal eweneens opreg dankbaar wees.
Vir kennisname deur ons lesers, is besluit om die name van Gansbaai se Pelagiese Vissersbote en skippers in hierdie berig te meld. Dié manne verrig ‘n enorme taak om die visfabriek aan die gang te hou en vorm ‘n integrale deel van ons visbedryf.
Ons Pelagiese Vissersbote:
• Berggans (Skipper Benito Groenewald);
• Kolgans (Skipper Piet Otto);
• Rietgans II (Skipper JP Germishuys);
• Stormgans (Skipper DP Fourie);
• Vleigans (Skipper Louis Groenewald);
• Wafra (Skipper Peter-Mannie Groenewald);
• Wildegans (Skipper Ian Wessels).
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.