Blog

‘Laat die Gansies Gons’

‘Laat die Gansies Gons’

Gans-Berg Nuus / News

‘Laat die Gansies Gons’

...en dit is presies wat Donderdag- en Vrydagaande (1-2 Augustus 2024) in Panorama se saal gebeur het: die Gansies van Laerskool Gansbaai (LSG) het behoorlik gegons - saam met ons eie Liedjieboer, Anton Goosen, sy kitaarspeler, Illimar Neitz en ons ewe bekende Valiant Swart....en natuurlik die uitstekende LSG-kore (seniors en juniors) onder leiding van Asanti Smit, met haar ma, Annatjie Smit as begeleier! Met Anton se insette is daar groot waardering teenoor Blues Society vir die groot rol wat hulle gespeel het, asook ander borge.

Dit was ‘n gesellige en vol program wat almal verras het. Om alles op papier neer te pen, is ‘n onbegonne taak. Mnr Devin Sauls het die verrigtinge geopen en almal hartlik verwelkom. Die eerste helfte is deur ons eie Gansies se kore oorheers, met Anton wat soms saamgesing het. Liedjies soos Waterblommetjies, Trompie, Ta’ Mossie en ander is uitstekend deur die onderskeie kore gesing. Monecia Sauls, Jan-Dawid du Plessis en Hanro Coetzer se solo-vertonings het die gehoor behoorlik vasgevang. Valiant Swart het die eerste helfte met Weskusliedjie en Josie Josie afgesluit.

Na pouse het Anton Goosen en sy kitaarspeler, Illimar Neitz die verhoog oorgeneem, met Illimar se kitaarklanke wat almal nog lank sal bybly. Liedjies soos Bly by my, my Lief, Silver de Lange, Pampoene Klein Bietjie Wyn is maar enkeles wat Anton gesing het, soos net hy dit kan doen, om nie te praat van die liedjies wat die kore saam met hom gesing het nie - soveel so dat Anton gereeld oor die mikrofoon gesê het: “Pragtig! Pragtig!”.

LSG is groot dank aan Anton Goosen, Illimar Neitz en Valiant Swart vir hul gratis optredes verskuldig - dit word opreg waardeer! Asanti kan weer uitgelig word met die suksesse wat sy, met Annatjie as begeleier, met LSG se kore behaal, ingesluit onlangse Eisteddfod-Goues wat verwerf is - Bravo!..ook aan jou, Asanti! 

(Foto’s: Hennie Otto)

Hardus Botha

‘Laat die Gansies Gons’

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...