Gans-Berg News - 8 May 2026
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...
...en dit is presies wat Donderdag- en Vrydagaande (1-2 Augustus 2024) in Panorama se saal gebeur het: die Gansies van Laerskool Gansbaai (LSG) het behoorlik gegons - saam met ons eie Liedjieboer, Anton Goosen, sy kitaarspeler, Illimar Neitz en ons ewe bekende Valiant Swart....en natuurlik die uitstekende LSG-kore (seniors en juniors) onder leiding van Asanti Smit, met haar ma, Annatjie Smit as begeleier! Met Anton se insette is daar groot waardering teenoor Blues Society vir die groot rol wat hulle gespeel het, asook ander borge.
Dit was ‘n gesellige en vol program wat almal verras het. Om alles op papier neer te pen, is ‘n onbegonne taak. Mnr Devin Sauls het die verrigtinge geopen en almal hartlik verwelkom. Die eerste helfte is deur ons eie Gansies se kore oorheers, met Anton wat soms saamgesing het. Liedjies soos Waterblommetjies, Trompie, Ta’ Mossie en ander is uitstekend deur die onderskeie kore gesing. Monecia Sauls, Jan-Dawid du Plessis en Hanro Coetzer se solo-vertonings het die gehoor behoorlik vasgevang. Valiant Swart het die eerste helfte met Weskusliedjie en Josie Josie afgesluit.
Na pouse het Anton Goosen en sy kitaarspeler, Illimar Neitz die verhoog oorgeneem, met Illimar se kitaarklanke wat almal nog lank sal bybly. Liedjies soos Bly by my, my Lief, Silver de Lange, Pampoene Klein Bietjie Wyn is maar enkeles wat Anton gesing het, soos net hy dit kan doen, om nie te praat van die liedjies wat die kore saam met hom gesing het nie - soveel so dat Anton gereeld oor die mikrofoon gesê het: “Pragtig! Pragtig!”.
LSG is groot dank aan Anton Goosen, Illimar Neitz en Valiant Swart vir hul gratis optredes verskuldig - dit word opreg waardeer! Asanti kan weer uitgelig word met die suksesse wat sy, met Annatjie as begeleier, met LSG se kore behaal, ingesluit onlangse Eisteddfod-Goues wat verwerf is - Bravo!..ook aan jou, Asanti!
(Foto’s: Hennie Otto)
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...
The latest edition of Gans-Berg Nuus highlights key local stories, community milestones, and upcoming events in the Overberg.
This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.
This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!
Here’s a quick roundup of this week’s highlights!