Blog

30ste Lionpresident Ingehuldig

30ste Lionpresident Ingehuldig

Gans-Berg Nuus / News

30ste Lionpresident Ingehuldig

Gansbaai Lionsklub se 30ste Lionpresident sedert 1987 is op 20 Julie 2024 ingehuldig - Lion Pieter de Vries. Die voormalige Distriksgoewerneur, Lion Lance Maytham, het Lion Pieter vir die termyn 2024-2025 ingehuldig.

Lion Gert Louw was seremoniemeester en het die verwelkoming behartig. Die inhuldiging van ‘n Lionpresident is ‘n plegtige geleentheid wat bepaalde prosedures insluit: Vlagplegtigheid (Lion Marietta Hattingh), Lions Invokasie (Lion Marilda Louw); Lions Geloof (Lion Mervyn Hobbs); ‘n Heildronk op Lions Internasionaal (Lion Boats van Staden); ‘n Heildronk op Lions RSA (Lion Ina Ogilvie; Tafelgebed (Lion Fred van Eeden). ‘n Nuwe lid, Corrie Schutte, is ook deur Lion Lance ingehuldig. “Dit is altyd ‘n voorreg en vreugde om ‘n nuwe lid as deel van ons Lionfamilie in te huldig,” het hy gesê. “Meer mense moet aangemoedig word om as lede van die wêreld se grootste organisasie, Lions Internasionaal, aan te sluit,” het Lion Lance gesê. Hy het ook interessante feite oor Lions Internasionaal met die gaste gedeel - “onder andere is sowat 14,000,000 mense by 40,000 Lionklubs wêreldwyd betrokke.”

In sy boodskap het Lionpresident Pieter gesê hy het volle vertroue in sy Besigheidsraad om die termyn vir 2024 tot 2025 aan te pak. “Ons sal almal moet saamwerk om nuwe lede ingehuldig te kry - dit sal almal se take ligter maak, maar veral ons klub versterk.” Hy is bykans 15 jaar gelede as Lion ingehuldig en sedertdien in bykans in al die onderskeie portefuljes gedien, insluitend Lionpresident vir 2018 tot 2019.

Lionpresident Pieter het ook sy Besigheidsraad vir 2024-2025 bekendgemaak: hyself as Lionpresident, Freddie van Eeden (1ste Visie-President), Marilda Louw (Klubsekretaris, asook LCIF-koördineerder), Ina Ogilvie (Klubsekretaris), Boats van Staden (Lidmaatskapvoorsitter, asook Projekvoorsitter saam met Gert Louw), Mervyn Hobbs (Diensvoorsitter), Judy Hobbs (Bemarkingsvoorsitter) en Marietta Hatting (Klubhuisbestuurder).

Tydens Lionbyeenkomste is dit altyd opmerklik dat die lede soos ‘n familie funksioneer met ‘gesellige samesyn’ wat voorop gestel word. Nadat die formaliteite afgehandel is, is daar gesellig tydens ‘n heerlike (groot!) ontbyt in Kuslangs Pub & Grill saamgekuier. Gans-Berg Nuus wens Lionpresident Pieter de Vries geluk met sy verkiesing as Lionpresident en wens hom sterkte toe vir die termyn wat voorlê.

(Foto’s: Marilda Louw)

Image 1
Lion Lance Maytham (links) en Lionpresident Pieter de Vries.
Image 2
Lionpresident Pieter de Vries (links agter) en sy Besigheidsraad.

Hardus Botha

30ste Lionpresident Ingehuldig

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg News - 30 April 2026

Gans-Berg News - 30 April 2026

The latest edition of Gans-Berg Nuus highlights key local stories, community milestones, and upcoming events in the Overberg. 

Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out No...

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Check out our easter newspaper here.

Gans-Berg News - 10 April 2026 Edition

Gans-Berg News - 10 April 2026 Edition

Here’s a quick roundup of this week’s highlights!