Birkenhead Boothengelklub: Kompetisie Uitslae...
Die Birkenhead Boothengelklub se eerste boothengelkompetisie vir die 2025 seisoen het op Saterdag, 2 November 2024 plaasgevind.
-Tommy Wilson, Gansbaai Academia-
“Extendere alas vestri - Sprei jou vlerke”, is Gansbaai Academia se leuse, met wyle Tommy Wilson, voormalige skoolhoof, se persoonlike sê-ding wat bykom: “This is a school of opportunities!” ‘Sedert 2010 is ‘wondere’ by Gansbaai Academia deur Tommy verrig’, is deur baie mense bevestig. Tommy is op 30 Julie 2024 in die ouderdom van 66 jaar oorlede. ‘n Gedenkdiens is op 6 Augustus 2024 by Gansbaai Academia gehou.
Tommy is op 6 Julie 1958 in Worcester gebore, waar hy ook die grootste deel van sy kinderjare deurgebring het. Op 14 Desember 1985 tree hy met Julia (née le Roux), ook van Worcester, in die huwelik - die egpaar het een seun, Woodrow. Tommy het die grade B.A en B.Ed deur Unisa verwerf, waarna hy later ook ‘n Onderwysdiploma by die Ontwikkelingskollege van Suid-Kaapland op Oudtshoorn verwerf en nog later ‘n Gevorderde Onderwyssertifikaat by die Universiteit van Kaapstad. Gansbaai Academia is op 22 Februarie 2010 onder leiding van ‘n waarnemende skoolhoof amptelik geopen - op 1 Julie 2010 het Tommy as permanente skoolhoof die leisels oorgeneem.
Traumatiese terugslae
Gedurende sy tydperk van ‘n dekade by Gansbaai Academia, het Tommy enkele traumatiese terugslae beleef: In Julie 2013 het hy ‘n ligte hartaanval oorleef en volkome daarvan herstel. Op 29 September 2019 is hy en Julia, ook ‘n geliefde onderwyser van Gansbaai Academia, in ‘n ernstige motorongeluk tussen Villiersdorp en Worcester betrokke - Julia is op slag dood en Tommy is ernstig beseer. Kort ná die ongeluk kry Tommy ‘n beroerte-aanval wat verlamming in sy linkerbeen en -arm veroorsaak het en hy moes daarna van ‘n rolstoel gebruik maak. Op 7 Februarie 2020 hervat die vasberade en doelgerigde Tommy egter weer sy pligte as skoolhoof, al was dit in ‘n rolstoel.
“Ek het nog altyd gesê Gansbaai Academia is vir my ’n reis, maar my reis het nou tot ’n einde gekom,” het Tommy tydens sy uitdienstredings-funksie gesê, met sy laaste werksdag op 31 Julie 2020. “Gansbaai Academia was en sal altyd 'n baken van hoop in Gansbaai bly.”...en wat van hoogtepunte vir hom? “Om eerlik te wees, die hele dekade was vir my met hoogtepunte gevul!”
Hardus Botha
Foto: Tommy en Julia Wilson in gelukkiger dae (2013).
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreDie Birkenhead Boothengelklub se eerste boothengelkompetisie vir die 2025 seisoen het op Saterdag, 2 November 2024 plaasgevind.
The Overberg Police Service is without any doubt ready for the Overberg Festive Season.
Mia Burgess (22), ‘n voormalige ‘Trotse Gansie’ van Laerskool Gansbaai en ‘n fenominale student aan die Universiteit van Stellenbosch...
Al gehoor van ‘n Porseleinpop ‘Koningin’? Mada Vorster van Franskraal verdien beslis hierdie ‘titel’.
A Belgian couple, Chris Vleugels and his wife, Tessa, visited Gansbaai for a second time on Friday, 1 November 2024.
Gansbaai NG-gemeente vier vanjaar hul 80ste bestaansjaar - 1944 tot 2024...