Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026
Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
Demonstrasies vir las van segmente en draai van bakke.
Interessante demonstrasies word gereeld deur lede van die Overberg Houtwerkgilde tydens byeenkomste aangebied. Op 1 Augustus 2024 was dit RV (?) se beurt vir ‘n demonstrasie - hy het die las van segmente, asook die draai van bakke gedemonstreer. Enkele wenke wat deur hom verskaf is, is:
• Waar verskillende kleure hout gebruik gaan word, lym dit voor jy begin sny;
• Gebruik ‘templates’ met grade om die grade waarteen segmente gelas gaan word, te bepaal;
• ‘Templates’ is by Crazee Design beskikbaar.
Geleenthede in September 2024 waarna die lede kan uitsien, is onder andere:
• Die nuwe datum vir die gilde se 30ste bestaansjaar is 27 September 2024 in die Pretoriussaal en val saam met die Vrydagmark. Slegs lede sal items in die voorportaal mag uitstal en daar sal 3 tafels beskikbaar wees.
• Spesiale hemde met die gilde se embleem op sal vir die 30-jarige bestaansvieringe gedruk word.
• Op 29 September 2024 sal daar ‘n besoek aan Platbos wees wat met ‘n gesellige bos-piekniek afgesluit gaan word - gades sal deel van die besoek en piekniek wees.
Die groep entoesiastiese lede vergader elke 1ste Donderdag van die maand by Progress Design van Hennie Prinsloo in die Industriële gebied, of soos die manne besluit. Belangstellendes kan die sekretaris, De Wet Conradie, by 082 826 4411 vir navrae gekontak word.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...
This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
This week’s edition covers several important local and international stories.
This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.
Here’s what’s making headlines in our latest edition!