Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition
Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Demonstrasies vir las van segmente en draai van bakke.
Interessante demonstrasies word gereeld deur lede van die Overberg Houtwerkgilde tydens byeenkomste aangebied. Op 1 Augustus 2024 was dit RV (?) se beurt vir ‘n demonstrasie - hy het die las van segmente, asook die draai van bakke gedemonstreer. Enkele wenke wat deur hom verskaf is, is:
• Waar verskillende kleure hout gebruik gaan word, lym dit voor jy begin sny;
• Gebruik ‘templates’ met grade om die grade waarteen segmente gelas gaan word, te bepaal;
• ‘Templates’ is by Crazee Design beskikbaar.
Geleenthede in September 2024 waarna die lede kan uitsien, is onder andere:
• Die nuwe datum vir die gilde se 30ste bestaansjaar is 27 September 2024 in die Pretoriussaal en val saam met die Vrydagmark. Slegs lede sal items in die voorportaal mag uitstal en daar sal 3 tafels beskikbaar wees.
• Spesiale hemde met die gilde se embleem op sal vir die 30-jarige bestaansvieringe gedruk word.
• Op 29 September 2024 sal daar ‘n besoek aan Platbos wees wat met ‘n gesellige bos-piekniek afgesluit gaan word - gades sal deel van die besoek en piekniek wees.
Die groep entoesiastiese lede vergader elke 1ste Donderdag van die maand by Progress Design van Hennie Prinsloo in die Industriële gebied, of soos die manne besluit. Belangstellendes kan die sekretaris, De Wet Conradie, by 082 826 4411 vir navrae gekontak word.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreHere’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...