Blog

Gansies Triomfeer met Groot Brag

Gansies Triomfeer met Groot Brag

Gans-Berg Nuus / News

Gansies Triomfeer met Groot Brag

Ja-nee, met 8 wenne uit 13 netbalwedstryde en 4 wenne uit 5 rugbywedstryde teen Laerskool De Villiers Graaf (Akkedissies), kan Laerskool Gansbaai (Gansies) van harte gelukgewens word - met hulle suksesvolle Groot Brag op Vrydag, 16 Augustus 2024, asook vir hulle oorwinngs op Saterdag, 17 Augustus 2024! Die oorwinnings sluit met trots in altwee die eerste spanne wat gewen het - baie geluk! Vergeet nie van die Skaak Interskole teen die Akkedissies nie - al hulle wedstryde is deur die Gansies gewen! 

Die Junior en Senior Groot Brag is deur ds Hanri Joubert geopen, met die kostelike verhaaltjie van die twee paddatjies, waarvan net die een oorleef het - omdat hy nie moed opgegee het nie. Hy het die leerders gevra om, wanneer dit nie so goed gaan nie, saam te staan en te skree: “Onthou die padda!”. Verskeie voorspoedwense is aan die leerders oorgedra, asook verrassende voorspoedwense deur bekende persoonlikhede.

Die dirigente is voorgestel en ‘wilde’ krete is in die skoolsaal gehoor. Die skoolkore onder leiding van Asanti Smit het pragtige sang opgelewer en die gedugte skaakspanne is ook voorgestel. Laastens het die groot oomblik aangebreek - die onderskeie rugby- en netbal sportsterre is onder groot toejuiging voorgestel. Laastens is die eerste spanne voorgestel, met die skoolsaal se dak wat byna gelig het van die geskree. Soos dit die gebruik is, het elke lid sy/haar kep ontvang wat deur die ouers vir hulle opgesit is. Altwee die prag-geleenthede is met die sing van die Skoollied afgesluit.

Uitslae van Interskolewedstryde:

Netbal

o/13A wen 33-9; o/13B wen 9-6; o/12A wen 18-2; o/12B wen 7-3; o/11A verloor 6-8; o/11B wen 4-3; o/10A wen 8-3; o/10B verloor 1-5; o/9A verloor 7-4; o/9B verloor 4-1; o/8A verloor 8-0; o/8B wen 2-1; o/7 wen 6-1.

Rugby

o/13A wen 22-18; o/11A wen 31-15; o/9A verloor 5-2; o/8A wen 50-0; o/7A wen 2-1.

Hardus Botha

Gansies Triomfeer met Groot Brag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!