Birkenhead Boothengelklub: Kompetisie Uitslae...
Die Birkenhead Boothengelklub se eerste boothengelkompetisie vir die 2025 seisoen het op Saterdag, 2 November 2024 plaasgevind.
‘Gegrond in Betroubaarheid’
Agri Wes-Kaap (AWK) het op 14-15 Augustus 2024 hul jaarlikse kongres te Goudini Spa in Rawsonville gehou. Sowat 120 kongresgangers van regoor die provinsie het bymekaargekom om landbousake te bespreek. Die tema van hierdie jaar se kongres was: “Gegrond in Betroubaarheid”, ʼn weerspieëling van die kernwaardes wat AWK se lede na aan die hart lê.
Produsente het ‘n positiewe gesindheid uitgestraal, ondanks verskeie uitdagings, en aangedui dat hulle steeds voortgaan om topgehalte landbouprodukte te produseer. Mnr Liam Viljoen, voorsitter van die AWK Algemene Sakekamer, het gesê: “Dit ʼn voorreg is om met ʼn organisasie geassosieer te word wat landbouprodusente sonder ʼn gelyke in die wêreld te dien.” Hy meen verder dat ʼn glansgeleentheid soos hierdie die geleentheid aan landprodusente van regoor die provinsie bied om van mekaar te leer en ook hul sake aan die politici en beleidvormers te stel wat landbou in die Wes-Kaap beïnvloed.
Tydens die kongres is daar op die belangrikheid van betroubaarheid in die huidige uitdagende, veranderende landbou-omgewing gefokus. AWK het ook erkenning gegee aan die volgehoue betrokkenheid van verskeie rolspelers in die landbousektor. Wes-Kaap minister van Landbou, Ekonomie en Toerisme, dr Ivan Meyer het tydens die gala-funksie sy prioriteite vir die volgende vyf jaar met kongresgangers gedeel, asook sy dank oorgedra vir die goeie samewerking tussen AWK en die Wes-Kaap Departement van Landbou.
Villiers Loubser, AWK President het in sy toespraak die kritieke rol wat boere in die Wes-Kaap speel, beklemtoon en hulle bedank vir hul onwrikbare toewyding en veerkragtigheid. Verdere sprekers was Agri SA Hoof Uitvoerende Beampte, Johann Kotze mnr Moeletsi Mbeki. Villiers Loubser is herverkies as President en Heinie du Toit as Vise-President van AWK.
(Redaksie: Mediavrystelling is verkort)
Navrae: Rojeanne by 071 170 3744 of rojeanne@awk.co.za.
(Foto’s: Natalie Gabriels Photography)
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreDie Birkenhead Boothengelklub se eerste boothengelkompetisie vir die 2025 seisoen het op Saterdag, 2 November 2024 plaasgevind.
The Overberg Police Service is without any doubt ready for the Overberg Festive Season.
Mia Burgess (22), ‘n voormalige ‘Trotse Gansie’ van Laerskool Gansbaai en ‘n fenominale student aan die Universiteit van Stellenbosch...
Al gehoor van ‘n Porseleinpop ‘Koningin’? Mada Vorster van Franskraal verdien beslis hierdie ‘titel’.
A Belgian couple, Chris Vleugels and his wife, Tessa, visited Gansbaai for a second time on Friday, 1 November 2024.
Gansbaai NG-gemeente vier vanjaar hul 80ste bestaansjaar - 1944 tot 2024...