Blog

Die Gevare en Avonture van Diepseeduik

Die Gevare en Avonture van Diepseeduik

Gans-Berg Nuus / News

Die Gevare en Avonture van Diepseeduik

Vir die leek is duik om te scuba-duik om mooi visspesies te bewonder of om vis te skiet, of dalk om wettige duikwerk by skeepswrakke te doen om kosbaarhede uit te haal - vir die kenner en die professionele diepseeduiker is dit ‘n perd van ‘n ander kleur. Hennie Groenewald van De Kelders het van sy wedervaringe as professionele duiker kortliks met die Gans-Berg Nuus gedeel.

‘Bubbles’ / Borrelsiekte

Hennie het kortliks verduidelik: wanneer jy diep duik, gaan dit oor die druk (pressure) wat op jou liggaam uitgeoefen word en hoe jou liggaam dit hanteer. Die druk wat ons normaalweg ervaar, word atmosferiese druk genoem, wat ‘n 1 Bar druk is. Vir elke 10m wat jy onderwater gaan, kom nog 1 Bar druk by (10m = 2 Bar en 20m = 3 Bar). Die gasse in jou liggaam word, volgens Henry’s & Daltons Law, deur die druk geaffekteer.

Die mens asem ±20% suurstof en 80% nitrogeen in, wat met ekstra druk vermeerder. Op ‘n ernstige diepte onderwater, raak suurstof toksies vir die mens. Hierdie gasse, op so ‘n diepte, word dan in die liggaam geabsorbeer (body tissues) en veroorsaak ‘bubbles’, of te wel ‘borrelsiekte’. Die borrels moet kleiner gemaak word om te verhoed dat dit in jou spiere, of nog erger, in jou brein beland. Daarom word ‘decompression’ stoppe op pad na die see-oppervlak gemaak, sodat alles kan normaliseer. Indien dit nie korrek gedoen word nie, kan geen mediese dokter jou red nie, net ‘n ‘decompression chamber’. 

Die druk het ook ‘n groot uitwerking op jou ore en daarvoor moet jy ‘equilize’ wanneer jy dieper gaan. Elke paar meter druk jy jou neus en mond toe en blaas saggies totdat jou ore weer normaal voel. Lug word ook kleiner gedruk op pad na onder en weer groter gemaak op pad boontoe (Boyles Law). Dus moet jy altyd asem uitblaas op pad boontoe anders kan jou longe bars - ‘Baro trauma / Pnemortherax’. Dit is onmoontlik om alles wat Hennie vertel het, skriftelik weer te gee - ongeag hoe interessant, die inligting is net té veel.

“Ek het nog my lewe lank ‘n passie vir duik gehad,” vertel Hennie. “Op 25 jarige ouderdom het ek besluit om die nodige kwalifikasies vir diepseeduik te verwerf.” In 2011 deurloop hy 3 duikkursusse by die destydse BS Divers in Hermanus: Kursus 1, Klas 4 - Scuba; Kursus 2, Klas 3 - Nasionaal 30m; Kursus 3, Klas 2 - Internasionaal 50m. Dit was voldoende vir duikwerk, maar hy het verder gegaan en onder andere ook Vlak 3 Noodhlup, ‘Ringing’, ‘Offshore Survival en onderwater sweiswerk kursusse deurloop.

Die meerderheid van Hennie se werkskontrakte was vir relatiewe kort periodes vir spesifieke duikwerk wat gedoen moes word - soms baie gevaarlik as gevolg van “rowwe” en onverantwoordelike manne wat nie behoorlik gekwalifiseer is nie en sodoende andere se lewens in gevaar stel, asook omstandighede wat ‘n spesifieke taak gevaarlik maak om uit te voer. Hennie se eerste werk was vir Fred de Pauw in Gansbaai teen einde 2011, waar hy vir Fred by Romansbaai gewerk het. Daarna was dit Struisbaai waar koperware uit ‘n skeepswrak gehaal moes word wat sowat 30m diep gelê het.

In 2012 begin Hennie by die Kaapse Hawe waar hy by Atlatech Divers sowat 7 jaar in diens was. Daar is onder andere die onderkante van bote gediens, berging (salvage) en baie meer. Hennie vertel dat daar meer moorde in die hawe plaasvind as wat altyd bekend gemaak word. Een geval was Chinese- en Russiese bote wat langs mekaar gelê het. ‘n Bemanningslid is vermoor en het onder die water verdwyn. Die SAPD-duikers kon nie sy liggaam kry nie en Hennie het opdrag gekry om na die liggaam te soek. Hy het in sirkels geduik en die liggaam ná ‘n onderwater-soektog in die skroefprop van die boot opgespoor, “maar dis beslis nie die tipe van ‘soekwerk’ vir my nie,” het hy gesê. In 2019 is hy na Richardsbaai waar hy vir Transnet Hawe gewerk het. Vandaar het Hennie net op vryskut-duikwerk gefokus, maar het intussen rustig geraak en is deesdae die NG-gemeente se Koster. (Sien berig elders in hierdie uitgawe).

Hardus Botha

Foto: Hennie Groenewald tydens sy beroepsjare as diepseeduiker.
 

Die Gevare en Avonture van Diepseeduik

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Birkenhead Boothengelklub: Kompetisie Uitslae and Gebeure

Birkenhead Boothengelklub: Kompetisie Uitslae...

Die Birkenhead Boothengelklub se eerste boothengelkompetisie vir die 2025 seisoen het op Saterdag, 2 November 2024 plaasgevind.

SAPS Ready for Overberg Festive Season

SAPS Ready for Overberg Festive Season

The Overberg Police Service is without any doubt ready for the Overberg Festive Season. 

Voormalige Gansie se Uitnemende Akademiese Prestasies

Voormalige Gansie se Uitnemende Akademiese Pr...

Mia Burgess (22), ‘n voormalige ‘Trotse Gansie’ van Laerskool Gansbaai en ‘n fenominale student aan die Universiteit van Stellenbosch...

Porseleinpop ‘Koningin’

Porseleinpop ‘Koningin’

Al gehoor van ‘n Porseleinpop ‘Koningin’? Mada Vorster van Franskraal verdien beslis hierdie ‘titel’.

Belgian Couple's 2nd Visit to Masakhane

Belgian Couple's 2nd Visit to Masakhane

A Belgian couple, Chris Vleugels and his wife, Tessa, visited Gansbaai for a second time on Friday, 1 November 2024.

Tagtig jaar van Gemeente wees - 1944-2024

Tagtig jaar van Gemeente wees - 1944-2024

Gansbaai NG-gemeente vier vanjaar hul 80ste bestaansjaar - 1944 tot 2024...