Blog

Geliefde Bettie Booysen Se 50ste Verjaarsdag

Geliefde Bettie Booysen Se 50ste Verjaarsdag

Gans-Berg Nuus / News

Geliefde Bettie Booysen Se 50ste Verjaarsdag

Die gaste het op Vrydag, 30 Augustus 2024 in die mooi versierde saal van Silwerjare Dienssentrum aangesit, waar hulle opgewonde vir Bettie Booysen van Oak Grove Nasorgdiens se opwagting gewag het - en hulle was nie teleurgesteld nie. Bettie het met die hulp van Suzanne Hans, Bestuurder en Fransis Arends die saal binnegestap - getooi in ‘n vollengte, spierwit rok en wit skoene - om nie van die ‘make-up’ en gedoende hare te praat nie, met ‘n ‘Happy Birthday’ kroon op haar kop - al laggende!

Bettie is na die hooftafel gelei waar sy haar plek onder luide gesing van die gaste ingeneem het. Twee eregaste, Magrieta Adams, voormalige bestuurder van die twee sentrums en Fransis Arends, wat altwee vanaf dag een die pad saam met Bettie gestap het, het saam met haar by die hooftafel gesit.

Wat sou van Bettie se 50ste verjaardag so ‘n besonderse geleentheid maak? Sy is al vir die afgelope 18 jaar ‘n inwoner van Oak Grove, maar is gestremd in die sin dat sy nie normaal kan praat en loop nie, terwyl haar gesiggie meeste van die tyd skeef trek - tog het sy ‘n pragtige profiel en haar belangrikste bate is om altyd, sonder uitsondering, te skaterlag. ‘n Kamera en mooi musiek waarop sy laggend kan dans, is altyd vir haar besonders. 

Bettie staan onder almal, besoekers ingesluit, as ‘n baie spesiale en geliefde mens bekend. Suzane het die gaste verwelkom en onder andere gesê: “Bettie verstaan baie dinge beter as wat mens dink en het beslis geweet ons is besig om iets vir haar voor te berei, wat haar baie opgewonde gemaak het. Toe ons haar rok vir haar aanpas, was dit ‘n groot stryd om haar dit te laat uittrek - dit is háár rok en basta met die res!” Enkele gassprekers het van hulle wedervaringe met Bettie oor jare heen gepraat, asook komiese voorvalle. Oor een saak was almal dit eens: Bettie is altyd ‘n dankbare mens vir enigiets wat sy ontvang.

Met die oorhandiging van haar geskenke het sy haar kop behoorlik agteroor gegooi en sonder ophou uitbundig gelag van pure genot! Nog ‘n eienskap van Bettie wat uitgewys kan word, is haar liefde om vir siek mense te bid, met haar hande plegtig en biddend voor haar saamgevou: “Sy weet wanneer iemand siek is en ons glo dat haar brabbeltaal as ‘n suiwer gebed voor God opstyg,” het Magrieta gesê, wat deur die ander sprekers bevestig is. Suzanne is hartlik bedank vir die moeite en reëlings vir ‘n spesiale dag vir Bettie.

Hardus Botha

Geliefde Bettie Booysen Se 50ste Verjaarsdag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Bergsig Wynlandgoed - Tradisie van Kwaliteit

Bergsig Wynlandgoed - Tradisie van Kwaliteit

Gansbaai Wynproegilde se 6de byeenkoms van Dinsdag, 20 Augustus 2024 in die Great White House was weer ‘n geselligheid soos min. 

Drie SAPD-Offisiere Tree Af Op Dieselfde Dag

Drie SAPD-Offisiere Tree Af Op Dieselfde Dag

Drie van Gansbaai SAPD se offisiere het op 31 Julie 2024 hul laaste werksdag by die polisiestasie gewerk.

Award-Winning Artist’s Displays at Chelsea Flowers

Award-Winning Artist’s Displays at Chelsea ...

Award-winning botanical artist, Daleen Roodt’s artworks will be displayed at ‘Chelsea Flowers in Stanford’.

Die Gevare en Avonture van Diepseeduik

Die Gevare en Avonture van Diepseeduik

Vir die leek is duik om te scuba-duik om mooi visspesies te bewonder of om vis te skiet...

Agri Wes-Kaap Jaarkongres 2024

Agri Wes-Kaap Jaarkongres 2024

Agri Wes-Kaap (AWK) het op 14-15 Augustus 2024 hul jaarlikse kongres te Goudini Spa in Rawsonville gehou.

UN Biodiversity Conference 2024

UN Biodiversity Conference 2024

The 16th meeting of the Conference of the Parties (COP) to the Convention on Biological Diversity (CBD) will convene from 21 October to 1 November 2024.