Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition
This week's edition features important community news...
Die gaste het op Vrydag, 30 Augustus 2024 in die mooi versierde saal van Silwerjare Dienssentrum aangesit, waar hulle opgewonde vir Bettie Booysen van Oak Grove Nasorgdiens se opwagting gewag het - en hulle was nie teleurgesteld nie. Bettie het met die hulp van Suzanne Hans, Bestuurder en Fransis Arends die saal binnegestap - getooi in ‘n vollengte, spierwit rok en wit skoene - om nie van die ‘make-up’ en gedoende hare te praat nie, met ‘n ‘Happy Birthday’ kroon op haar kop - al laggende!
Bettie is na die hooftafel gelei waar sy haar plek onder luide gesing van die gaste ingeneem het. Twee eregaste, Magrieta Adams, voormalige bestuurder van die twee sentrums en Fransis Arends, wat altwee vanaf dag een die pad saam met Bettie gestap het, het saam met haar by die hooftafel gesit.
Wat sou van Bettie se 50ste verjaardag so ‘n besonderse geleentheid maak? Sy is al vir die afgelope 18 jaar ‘n inwoner van Oak Grove, maar is gestremd in die sin dat sy nie normaal kan praat en loop nie, terwyl haar gesiggie meeste van die tyd skeef trek - tog het sy ‘n pragtige profiel en haar belangrikste bate is om altyd, sonder uitsondering, te skaterlag. ‘n Kamera en mooi musiek waarop sy laggend kan dans, is altyd vir haar besonders.
Bettie staan onder almal, besoekers ingesluit, as ‘n baie spesiale en geliefde mens bekend. Suzane het die gaste verwelkom en onder andere gesê: “Bettie verstaan baie dinge beter as wat mens dink en het beslis geweet ons is besig om iets vir haar voor te berei, wat haar baie opgewonde gemaak het. Toe ons haar rok vir haar aanpas, was dit ‘n groot stryd om haar dit te laat uittrek - dit is háár rok en basta met die res!” Enkele gassprekers het van hulle wedervaringe met Bettie oor jare heen gepraat, asook komiese voorvalle. Oor een saak was almal dit eens: Bettie is altyd ‘n dankbare mens vir enigiets wat sy ontvang.
Met die oorhandiging van haar geskenke het sy haar kop behoorlik agteroor gegooi en sonder ophou uitbundig gelag van pure genot! Nog ‘n eienskap van Bettie wat uitgewys kan word, is haar liefde om vir siek mense te bid, met haar hande plegtig en biddend voor haar saamgevou: “Sy weet wanneer iemand siek is en ons glo dat haar brabbeltaal as ‘n suiwer gebed voor God opstyg,” het Magrieta gesê, wat deur die ander sprekers bevestig is. Suzanne is hartlik bedank vir die moeite en reëlings vir ‘n spesiale dag vir Bettie.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week's edition features important community news...
This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.
This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.
From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...