Blog

Bergsig Wynlandgoed - Tradisie van Kwaliteit

Bergsig Wynlandgoed - Tradisie van Kwaliteit

Gans-Berg Nuus / News

Bergsig Wynlandgoed - Tradisie van Kwaliteit

Gansbaai Wynproegilde se 6de byeenkoms van Dinsdag, 20 Augustus 2024 in die Great White House was weer ‘n geselligheid soos min. Voorsitter Japie Spies het almal verwelkom en daarna Bergsig Wynlandgoed se gedugte Produksiebestuurder, Annamarie van Niekerk (38) aan die woord gestel.

Die Wynlandgoed is tussen Worcester en Ceres by die ingang van die Bainskloofpas geleë. Annamarie is ‘n ‘skrale’ dame wat haar ‘vrou’ in die wynbedryf staan en allermins onderskat moet word. In 2008 verwerf sy haar BSCAgri-graad in Wingerd en Wynkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. In 2024 verwerf sy ‘n Bestuurskwalifikasie in die wynbedryf aan die Universiteit van Kaapstad - en kan mens glo, sy het gedroom om ‘n professionele, moderne danser te word! Na 16 jaar se ervaring by Botha Wynkelder is sy na Bergsig Wynlandgoed. “Ek is nie ‘fixed in my ways’ wat wynstyle betref nie en ek werk met dit wat Moeder Natuur vir my gee en pas my styl daarby aan.” 

Annemarie se verwelkomings-glasie was ‘n geurige Lategan MCC (2018). Daarna kon die gaste met ‘n glasie uitstekende Sauvignon Blanc (2024) ontspan. Die res van die wyne was: voorgereg - Weisser Riesling (2020) en Patmos Chenin Blanc (2021); hoofgereg - Bainskloof Pinotage (2021), Touriga Nacional (2022) en Oom Prop Carbernet Sauvignon (2019); nagereg - Gewurtztraminer (2022) en Late Bottled Vintage (2018). Dit stop toe nie by die 9 wyne nie - sommer so vir die lekkerte kon Bergsig Wynlandgoed se Chenin Blanc (2024) en Sauvignon Blanc, 1.5Ltr (2023) geproe word!

Sjef Chris Pead van die Great White House kan eenvoudig nie ‘n fout maak met sy bypassende spyskaart nie: voorgereg - Indian Style Fish Cakes(+); hoofgereg - Ostrich Fan Fillet(+); nagereg Caramel Chocolate Brownies(+).

Annemarie het ook gesorg vir 5 gelukkige gaste wat elk ‘n bottel wyn met die geluktrekkings gewen het! Die gebruiklike Wynproegilde-voorskoot aan haar is deur Erica Oosthuisen en Charl Terblanche oorhandig. Erica en haar eggenoot, Deon, is ook die skenkers van die voorskote.

Hardus Botha

Bergsig Wynlandgoed - Tradisie van Kwaliteit

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

This week's edition features important community news...

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 2026)

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 20...

This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.

Gans-Berg News - 29 May 2026

Gans-Berg News - 29 May 2026

This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.

Gans-Berg News - 22 May 2026

Gans-Berg News - 22 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.

Gans-Berg News - 15 May 2026

Gans-Berg News - 15 May 2026

From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...