Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026
Catch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!
Verlede week se wedvlugte, onderskeidelik vanaf Bloemhof en Modderrivier, was die langste wedvlugte vir die seisoen - altwee wedvlugte was dus Langpad Wedvlugte en is gewoonlik oorslaap wedvlugte. Gedurende die week is gehoop op ’n kalm en koel dag, maar siende dat dit lente is, was die hoop maar skraal. Die duiwe is om 06:45 te Modderrivier losgelaat en om 06:40 te Bloemhof. In altwee gevalle was dit mooi weer en die voorspelling was dat die duiwe vanaf
15:00 sou arriveer. ‘n Kopwind (van vooraf) teen 17km per uur het die wedvlug vanaf Bloemhof byna onmoontlik vir die duiwe gemaak om hul hokke te bereik en slegs ‘n paar het dit vanaf Modderrivier gemaak,
wat duidelik teen uitluityd Sondagaand gesien kon word.
Resultate: Modderrivier
Ope-duiwe: J & J Swart 1, 2, 10, 13, 14, 16; C & R Kruger 3, 4, 15, 18; Louis Groenewald 5, 9;
Seun du Bruyn 6; Fourie Lofts 7, 17, 19; Snr Germishuys Hokke 8, 11, 20; Human Loft 12.
Resultate: Bloemhof
Ope-wedvlug: Snr Germishuys Hokke 1, 2, 7, 10,14, 20; J & J Swart 3, 16; Fourie Lofts 4, 9, 13,
15; Louis Groenewald 5, 6, 8, 12, 18; C & R Kruger 11, 19; Seun du Bruyn 17. Baie geluk aan
die wenners.
Dit was ‘n moeilike wedvlug wat alles van die duiwe geverg het. Die Posduif Unie se uitslae sal
volgende week gepubliseer word, aangesien die duiwe tot Maandagaand laat nog ingelui is.
Groete,
André Vorster
072 248 8818
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!
This week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...
This week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.
Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.
This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.