Blog

Gansbaai Toerisme-ikoon Glenda Kitley Neem Afskeid ná 28 Jaar

Gansbaai Toerisme-ikoon Glenda Kitley Neem Afskeid ná 28 Jaar

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Toerisme-ikoon Glenda Kitley Neem Afskeid ná 28 Jaar

Met 28 jaar in Gansbaai Toerisme Buro, waarvan 21 jaar as Bestuurder, asook in aggenome van wat alles oor die jare vermag is, kan Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, sekerlik as Gansbaai / Overstrand se ‘Toerisme-ikoon’ beskou word. Glenda neem op 30 September 2024 afskeid van Gansbaai Toerisme, waar sy sonder twyfel ‘n baie groot leemte gaan laat. Sy begin op 1 Oktober 2024 as White Shark Projects se Bemarker.

Glenda het in 1996 begin om vir Rienie Ludick in die destydse Toerismekantoor, waar Guthrie en Theron nou is, uit te help. Nadat Rienie in 2003 as Bestuurder klaargemaak het, is Glenda as Bestuurder aangestel - ‘n pos wat sy vir die daaropvolgende 21 jaar met ‘n passie sou beklee. In 2007 is die Toerismekantoor na die Great White Junction verskuif, waar dit steeds is. Een van Glenda se laaste openbare optredes was om by die Bietoubos Damesklub, waarvan sy ‘n stigterslid was en baie lank op die Komitee gedien het, as gasspreker op te tree. Die Gans-Berg Nuus het ook met Erfenisdag vir oulaas ‘n foto van Glenda en haar personeel in die Toerismekantoor se bekende ‘Photo Booth’ geneem. Haar personeellede wat sy in die kantoor agterlaat, is Maureen Valentine, Ayanda Kotani en Marlon Pieterse.

Om Glenda se suksesverhaal in Gansbaai Toerisme saam te vat, is ‘n onbegonne taak - meer as een uitgawe van die Gans-Berg Nuus sal daarvoor benodig word. “My persoonlike hoogtepunt as Toerismebestuurder was in 2015 toe ek die voorreg gehad het om die prysoorhandigingseremonie vir die ‘Best Destination for Responsible Tourism’ tydens die World Responsible Tourism Awards in London te kon bywoon,” vertel Glenda. “Daar het ek besef Toerisme is baie meer as net ‘n Inligtingsentrum.” Slegs enkele van haar optredes, aktiwiteite en suksesverhale kan gemeld word:

Toerisme-indaba’s in Durban; Komiteelid van Overberg Toerisme; Overstrand Toerisme Toekenning; Jaarlikse Birkenhead Herdenkingsfeeste; destydse jaarlikse Fees van die Ganse; betrokke by die oopstelling van Dangerpoint Vuurtoring minstens een maal per maand; bestuur van die Gansbaai Mark sedert 2018); Tuinkompetisies; Kersliggies se aanskakelings-funksies; vriendelike padblokkades; hier sal halt geroep moet word, Glenda se lys van suksesse is legio!

Die mens, Glenda Kitley

Glenda Sharon Kitley is op 12 Augustus 1958 in Pretoria gebore en was die oudste van 3 kinders. Sy matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Lyttleton Manor. In 1976 verwerf Glenda haar BA-graad aan die Universiteit van Pretoria en in 1980 voltooi sy haar studies aan die Onderwys Opleidingskollege. Sy gee onderrig by die Halfway House Primary School tot 1991.

Op 14 Desember 1985 tree Glenda met Alec Kitley in Pretoria in die huwelik. Na Alec se aftrede in 1992 verhuis die egpaar na Gansbaai, waar altwee van hulle aktief by die gemeenskap betrokke raak - met Alec wat self as ‘n legende beskou kan word. Alec was ‘n vriend, staatmaker en vertroueling in murg en been, maar is op Saterdag, 26 Desember 2020 (Welwillendheidsdag) in die ouderdom van 83 jaar oorlede.

Glenda, die Gans-Berg Nuus se Redaksie wens jou alle sterkte toe vir die toekoms en spreek ook hul waardering uit vir wat jy vir Gansbaai Toerisme beteken het. Mens wonder net, sou White Shark Projects bewus wees daarvan dat jy ‘n Blou Bul is?!

Hardus Botha

Gansbaai Toerisme-ikoon Glenda Kitley Neem Afskeid ná 28 Jaar

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

SAPS Awareness Campaign at LSG

SAPS Awareness Campaign at LSG

Gansbaai SAPS recently held an Awareness Demonstration at Laerskool Gansbaai (LSG).

SAPS Operation Leads to Multiple Arrests

SAPS Operation Leads to Multiple Arrests

An operation by Gansbaai SAPS was conducted on Friday, 13 September 2024 in the Gansbaai area. 

Splinternuwe Bussie vir HaS

Splinternuwe Bussie vir HaS

Die Beheerraad het besluit dat Ria die sleutels tydens HaS se basaar op Saterdag, 21 September 2024 aan Lynette Andrews, Bestuurder: HaS sal oorhandig.

Gansbaai Posduifklub: Week 14 - Victoria-Wes (500km)

Gansbaai Posduifklub: Week 14 - Victoria-Wes ...

Verlede week was dit ‘n mooi lentedag wat die duiwe baie gehelp het.

Laerskool Gansbaai WP Skaaktoernooi

Laerskool Gansbaai WP Skaaktoernooi

23 leerders van Laerskool Gansbaai het op Saterdag, 31 Augustus en Sondag, 1 September 2024 aan die Westelike Provinsie se Top Skole Skaaktoernooi deelgeneem.

Criteria for IRDP Housing

Criteria for IRDP Housing

The Gans-Berg News received a letter of complaint from an anonymous client.