Blog

Splinternuwe Bussie vir HaS

Splinternuwe Bussie vir HaS

Gans-Berg Nuus / News

Splinternuwe Bussie vir HaS

Goue Hande se droom ná 25 jaar verwesentlik

“Ek was altyd behulpsaam met die vervoer van inwoners hier by HaS, maar het besef ek kan nie meer bestuur soos altyd nie en wil niemand se lewe in gevaar stel nie,” vertel Ria Matthee (90), ‘n inwoner van Herberg aan See Tehuis vir Bejaardes (HaS). “Ek vra toe: ‘Vader, wat nou?’”. Ria vertel dit val haar toe by van fondse wat sy op die geldmark het, maar sy het nie eers geweet hoeveel nie. “Net daar besluit ek om navraag te doen en ek glo dit was die Vader wat my dit laat doen het.” Navrae is gedoen oor haar fondse, asook ‘n kwotasie vir ‘n voertuig wat verkry is. Dit blyk toe dat haar fondse genoeg is vir die aankoop van ‘n splinternuwe KIA Carnival 2.2 Ltr 7-sitplek bussie - en Ria het nie twee keer gedink nie en die wiele is aan die rol gesit vir haar geskenk aan HaS - maar, oeps, sy was vinnig om te sê “jy praat nie van ‘n bussie nie, dis ‘n kar!”

Die Beheerraad het besluit dat Ria die sleutels tydens HaS se basaar op Saterdag, 21 September 2024 aan Lynette Andrews, Bestuurder: HaS sal oorhandig. Ongekende opgewondenheid het onder die Beheerraadslede en omstanders geheers, maar Ria het die sleutels ‘koel en kalm’ oorhandig sonder om die aandag op haarself te vestig - “Dit is nie waarom ek die skenking gemaak het nie!”

Ria, wat sedert 1 Oktober 2019 ‘n inwoner van HaS is, is op 26 Julie 1934 in Worcester gebore, waar sy ook grootgeword het. Sy en haar suster, wyle Nellie, het saam grootgeword, nooit getrou nie en was soos ‘Vinkel en Koljander’ - Nellie het haar op 4 Julie 2017 ontval. Meeste inwoners het van die ‘Matthee-susters’ geweet. As vrywilligers het hulle gereeld gesit en groente skil by HaS en tydens HaS en die NGK se jaarlikse basaars was hulle elke keer op hul poste agter die tuisgemaakte konfyte en ingelegde produkte - dan was hulle ook ‘berug’ oor die fudge wat hulle gemaak het!

“Jy sal nie glo, maar ek ontdek toe ‘n ou notule van die Goue Hande van ‘n vergadering wat op 2 Februarie 1999 gehou is,” het Lynette opgewonde vertel. “Onder punt 3.4, ‘Spesiale Projek’, word daar na die aankoop van ‘n voertuig vir HaS verwys en dat fondse daarvoor ingesamel moet word.” Nou, ná 25 jaar, het Ria Matthee gekom en daardie droom van die Goue Hande verwesentlik!

(Foto’s: Tony Holtzhausen)

Hardus Botha

Foto 1:
Ria Matthee (2de van regs) oorhandig die bussie se sleutels aan Lynette Andrews, Bestuurder: HaS.

Foto 2:
Vreugdevolle HaS Beheerraadslede: Lynette Andrews (Bestuurder), Thys de Villiers, Francia van Dyk (Ondervoorsitter), Riaan Franken (Voorsitter), Suster Linda Meyer, Marmara de Klerk, Nicolene Richards en Tannie Ria Matthee (Skenker). Afwesig: Deon Naude.

Splinternuwe Bussie vir HaS

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...

Tribute to Colleen Knox

Tribute to Colleen Knox

Colleen Knox was a lovely lady who I met at Lighthouse Tavern restaurant which I had purchased in 2008.

Bietoubossers vier Omgee-vrouwees

Bietoubossers vier Omgee-vrouwees

Die op-en-wakker Bietoubos Damesklub het hulle Vrouemaand-byeenkoms met 'n belangrike eienskap van vrouwees behoorlik gevier - 'omgee'.

Arnold Swart does it again “Nêrens, Noord-Kaap” - Part 2

Arnold Swart does it again “Nêrens, Noord-...

Grade 6 learner at Gansbaai Primary School when he took part in the filming of Nêrens, Noord-Kaap, a family drama series on kykNET...