Blog

Frats Ongeluk by HaS

Frats Ongeluk by HaS

Gans-Berg Nuus / News

Frats Ongeluk by HaS

Die ongeluk waartydens die eetkamermuur van Herberg aan See Tehuis vir Bejaardes (HaS) onlangs in die slag gebly het, was ‘n blote ‘fratsongeluk’ wat met enige verantwoordelike motorbestuurder kon gebeur het.

Ria Matthee (90), ‘n inwoner van HaS sedert 1 Oktober 2019, het gereeld op Donderdae vrywilliglik van die inwoners na verskillende plekke vervoer. Verlede week Donderdag was dit haar laaste rit waarmee sy iemand met vervoer gehelp het. Terug by HaS, het sy agteruit in haar toegekende onderdak-parkering ingery, maar in die proses het haar voet tussen die pedale van haar outomatiese motor vasgehaak. Die motor het vorentoe geskiet, teen die eetkamermuur van die Tehuis, met die vensters wat ook in die slag gebly het. 

“Ek onthou steeds nie wat werklik gebeur het nie, dit was alles te vinnig,” het Ria gesê. HaS se personeellede was baie vinnig by haar om haar te ondersteun en vir beserings te ondersoek. Die motor se lugsak (airbag) het haar teen die stuurwiel vasgedruk. Ria is deeglik ondersoek en vir X-strale geneem, maar het gelukkig geen ernstige beserings opgedoen. Sy het net aan skok gelei, met ongemaklike pyn op haar bors waar sy vasgedruk is.

Een ding staan soos ‘n paal bo water, Ria, dit is iets wat al met baie motorbestuurders al gebeur het - jy het nie nodig om slapelose nagte daaroor te hê nie! Ria het as ‘n uiters verantwoordelike motorbestuurder bekendgestaan, daarom is daar altyd van haar gratis dienste gebruik gemaak. Ironies genoeg, was dit haar laaste vervoer van pasasiers. In die vorige uitgawe van die Gans-Berg Nuus is ‘n berig geplaas waar Ria ‘n splinternuwe KIA Carnival 2.2 Ltr 7-sitplek bussie aan HaS geskenk het. Die sleutels is op Saterdag, 21 September 2024 tydens HaS se basaar aan Lynette Andrews, Bestuurder: HaS, oorhandig. “Ek het besef dit is tyd dat ek nie meer passasiers moet vervoer nie en het daarom die fondse vir ‘n bussie beskikbaargestel sodat HaS ‘n eie vervoermiddel kan hê,” het Ria tydens die oorhandiging gesê. Die Gans-Berg Nuus wens Ria ‘n spoedige herstel toe.

Hardus Botha

Frats Ongeluk by HaS

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...

Tribute to Colleen Knox

Tribute to Colleen Knox

Colleen Knox was a lovely lady who I met at Lighthouse Tavern restaurant which I had purchased in 2008.

Bietoubossers vier Omgee-vrouwees

Bietoubossers vier Omgee-vrouwees

Die op-en-wakker Bietoubos Damesklub het hulle Vrouemaand-byeenkoms met 'n belangrike eienskap van vrouwees behoorlik gevier - 'omgee'.

Arnold Swart does it again “Nêrens, Noord-Kaap” - Part 2

Arnold Swart does it again “Nêrens, Noord-...

Grade 6 learner at Gansbaai Primary School when he took part in the filming of Nêrens, Noord-Kaap, a family drama series on kykNET...