Blog

Frats Ongeluk by HaS

Frats Ongeluk by HaS

Gans-Berg Nuus / News

Frats Ongeluk by HaS

Die ongeluk waartydens die eetkamermuur van Herberg aan See Tehuis vir Bejaardes (HaS) onlangs in die slag gebly het, was ‘n blote ‘fratsongeluk’ wat met enige verantwoordelike motorbestuurder kon gebeur het.

Ria Matthee (90), ‘n inwoner van HaS sedert 1 Oktober 2019, het gereeld op Donderdae vrywilliglik van die inwoners na verskillende plekke vervoer. Verlede week Donderdag was dit haar laaste rit waarmee sy iemand met vervoer gehelp het. Terug by HaS, het sy agteruit in haar toegekende onderdak-parkering ingery, maar in die proses het haar voet tussen die pedale van haar outomatiese motor vasgehaak. Die motor het vorentoe geskiet, teen die eetkamermuur van die Tehuis, met die vensters wat ook in die slag gebly het. 

“Ek onthou steeds nie wat werklik gebeur het nie, dit was alles te vinnig,” het Ria gesê. HaS se personeellede was baie vinnig by haar om haar te ondersteun en vir beserings te ondersoek. Die motor se lugsak (airbag) het haar teen die stuurwiel vasgedruk. Ria is deeglik ondersoek en vir X-strale geneem, maar het gelukkig geen ernstige beserings opgedoen. Sy het net aan skok gelei, met ongemaklike pyn op haar bors waar sy vasgedruk is.

Een ding staan soos ‘n paal bo water, Ria, dit is iets wat al met baie motorbestuurders al gebeur het - jy het nie nodig om slapelose nagte daaroor te hê nie! Ria het as ‘n uiters verantwoordelike motorbestuurder bekendgestaan, daarom is daar altyd van haar gratis dienste gebruik gemaak. Ironies genoeg, was dit haar laaste vervoer van pasasiers. In die vorige uitgawe van die Gans-Berg Nuus is ‘n berig geplaas waar Ria ‘n splinternuwe KIA Carnival 2.2 Ltr 7-sitplek bussie aan HaS geskenk het. Die sleutels is op Saterdag, 21 September 2024 tydens HaS se basaar aan Lynette Andrews, Bestuurder: HaS, oorhandig. “Ek het besef dit is tyd dat ek nie meer passasiers moet vervoer nie en het daarom die fondse vir ‘n bussie beskikbaargestel sodat HaS ‘n eie vervoermiddel kan hê,” het Ria tydens die oorhandiging gesê. Die Gans-Berg Nuus wens Ria ‘n spoedige herstel toe.

Hardus Botha

Frats Ongeluk by HaS

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News - 22 May 2026

Gans-Berg News - 22 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.

Gans-Berg News - 15 May 2026

Gans-Berg News - 15 May 2026

From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg News - 30 April 2026

Gans-Berg News - 30 April 2026

The latest edition of Gans-Berg Nuus highlights key local stories, community milestones, and upcoming events in the Overberg. 

Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out No...

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!