Blog

Strandskloof Park doen dit wéér

Strandskloof Park doen dit wéér

Gans-Berg Nuus / News

Image

Strandskloof Park doen dit wéér

En toe doen Strandskloof Park van Tot en Isabel Fourie dit vir die soveelste keer om met die louere van ‘n prestige toekenning in die Wes-Kaap weg te stap. Hierdie keer van LekkeR Kampplekke: The Winner for the Best Resort in the Western Cape for 2024. Soortgelyke prestige toekennings is ook in 2015, 2016 en 2018 deur die egpaar Fourie en hul personeellede ingepalm, met pragtige geraaamde sertifikate, asook trofeë om op trots te wees. 

Die ‘gewone’ plaas van voorheen is met ‘bloed en sweet’ deur Tot en Isabel in ‘n lushof omskep, vandag bekend as Strandskloof Park (Karavaankamp). Hulle is beloon vir hul harde werk met die amptelike opening van die oord op 3 September 2010, sowat 14 jaar gelede. Sedertdien het Strandskloof net van krag tot krag gegroei tot wat dit vandag is. In die karavaanpark kan mens “voel” hoe staan jy in die natuur en midde in Strandveld, met die berg en veld agter jou en Die Gruis se duine wat voor jou teen die Atlantiese Oseaan lepellê. Groen grasperke, natuurskoon en absolute netheid is die besoeker se eerste indrukke.

Naas die bekende karavaanstaanplekke en ablusieblokke, het netjiese vakansie-huisies intussen bygekom. Daar is ‘n verskeidenheid van ontspannings-aktiwiteite vir kampeerders, soos ‘n gerieflike saal, warm- en koue swembaddens, 4 x 4 hindernisroete, speelarea, ‘jungle gym’, ‘putt-putt’ bane en baie meer. Die oord is veral baie gewild onder karavaanklubs wat gereelde saamtrekke daar hou, met gereelde jeug- en ander feeste wat daar aangebied word.

Om Strandskloof Park te besoek, is om te verstaan waarom soveel prestige toekennings al deur hulle ingepalm is - sonder twyfel ‘n groot aanwins vir die Gansbaai-omgewing. 

Hardus Botha

Strandskloof Park doen dit wéér

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!