Blog

Strandskloof Park doen dit wéér

Strandskloof Park doen dit wéér

Gans-Berg Nuus / News

Image

Strandskloof Park doen dit wéér

En toe doen Strandskloof Park van Tot en Isabel Fourie dit vir die soveelste keer om met die louere van ‘n prestige toekenning in die Wes-Kaap weg te stap. Hierdie keer van LekkeR Kampplekke: The Winner for the Best Resort in the Western Cape for 2024. Soortgelyke prestige toekennings is ook in 2015, 2016 en 2018 deur die egpaar Fourie en hul personeellede ingepalm, met pragtige geraaamde sertifikate, asook trofeë om op trots te wees. 

Die ‘gewone’ plaas van voorheen is met ‘bloed en sweet’ deur Tot en Isabel in ‘n lushof omskep, vandag bekend as Strandskloof Park (Karavaankamp). Hulle is beloon vir hul harde werk met die amptelike opening van die oord op 3 September 2010, sowat 14 jaar gelede. Sedertdien het Strandskloof net van krag tot krag gegroei tot wat dit vandag is. In die karavaanpark kan mens “voel” hoe staan jy in die natuur en midde in Strandveld, met die berg en veld agter jou en Die Gruis se duine wat voor jou teen die Atlantiese Oseaan lepellê. Groen grasperke, natuurskoon en absolute netheid is die besoeker se eerste indrukke.

Naas die bekende karavaanstaanplekke en ablusieblokke, het netjiese vakansie-huisies intussen bygekom. Daar is ‘n verskeidenheid van ontspannings-aktiwiteite vir kampeerders, soos ‘n gerieflike saal, warm- en koue swembaddens, 4 x 4 hindernisroete, speelarea, ‘jungle gym’, ‘putt-putt’ bane en baie meer. Die oord is veral baie gewild onder karavaanklubs wat gereelde saamtrekke daar hou, met gereelde jeug- en ander feeste wat daar aangebied word.

Om Strandskloof Park te besoek, is om te verstaan waarom soveel prestige toekennings al deur hulle ingepalm is - sonder twyfel ‘n groot aanwins vir die Gansbaai-omgewing. 

Hardus Botha

Strandskloof Park doen dit wéér

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Frats Ongeluk by HaS

Frats Ongeluk by HaS

Die ongeluk waartydens die eetkamermuur van Herberg aan See Tehuis vir Bejaardes (HaS) onlangs in die slag gebly het, was n blote 'fratsongeluk'.

SAPS Awareness Campaign at LSG

SAPS Awareness Campaign at LSG

Gansbaai SAPS recently held an Awareness Demonstration at Laerskool Gansbaai (LSG).

SAPS Operation Leads to Multiple Arrests

SAPS Operation Leads to Multiple Arrests

An operation by Gansbaai SAPS was conducted on Friday, 13 September 2024 in the Gansbaai area. 

Splinternuwe Bussie vir HaS

Splinternuwe Bussie vir HaS

Die Beheerraad het besluit dat Ria die sleutels tydens HaS se basaar op Saterdag, 21 September 2024 aan Lynette Andrews, Bestuurder: HaS sal oorhandig.

Gansbaai Toerisme-ikoon Glenda Kitley Neem Afskeid ná 28 Jaar

Gansbaai Toerisme-ikoon Glenda Kitley Neem Af...

Glenda het in 1996 begin om vir Rienie Ludick in die destydse Toerismekantoor, waar Guthrie en Theron nou is, uit te help.

Gansbaai Posduifklub: Week 14 - Victoria-Wes (500km)

Gansbaai Posduifklub: Week 14 - Victoria-Wes ...

Verlede week was dit ‘n mooi lentedag wat die duiwe baie gehelp het.