Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026
Catch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!
As deel van hul 30ste verjaarsdagvieringe het die Overberg Houtwerkgilde ‘n besonderse uitstalling op Vrydag, 27 September 2024 in die Pretoriussaal op die verhoog aangebied. Dit was ‘n insiggewende en interessante uitstalling met pragtige voorbeelde van wat alles met hout gedoen kan word. Daar was houtspeelgoed, gereedskap, ornamente en baie meer, ingesluit ‘n uitbeelding met foto’s en mediaberigte sedert 1994.
Overberg Houtwerkgilde (voorheen die Overberg Houtwerk Assosiasie) is in 1994 gestig - 30 jaar gelede. Die groep houtwerkers (amateur en professioneel) se ‘veelvuldige’ doelwitte is onder andere: die uitbreiding van kennis oor die verskillende aspekte van houtwerk; hulpverlening aan lede en beginners; sosiale verkeer met ander wat van hout hou; periodieke besoeke aan houtwerk-verwante ondernemings; jaarlikse liefdadigheidsprojekte waar lede hul kundigheid en tyd gratis aanwend ter ondersteuning van plaaslike gemeenskapsinstansies en -organisasies.
Dit is dus duidelik nie net ‘n stokperdjie wat beoefen word nie - daar steek baie meer in die gilde as net dit. Gereelde interne demonstrasies word ook gereël waar spesifieke houtwerkkennis oorgedra en/of onderling uitgeruil word.
Die groep entoesiastiese lede kom elke 1ste Donderdag van die maand by Progress Design van Hennie Prinsloo in die Industriële gebied bymekaar. Belangstellendes, ingesluit dames, kan die sekretaris, De Wet Conradie, by 082 826 4411 vir navrae gekontak, of stuur ‘n epos aan hom by dewetconradie100@gmail.com.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!
This week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...
This week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.
Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.
This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.