Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
Dr Jolyn Phillips (34), ‘n gebore Gansbaaier van Blompark, het op 20 September 2024 haar Doktersgraad (PHD) in Engelse Letterkunde, wat sy aan die Universiteit van Weskaapland verwerf het, ontvang. Jolyn se studieleiers was Prof Antjie Krog en Prof Kobus Moolman. “My tesis het oor Bientang, ‘n sogenaamde inheemse vrou wat in die grot in Hermanus gebly het, gehandel,” vertel Jolyn. “My verhandeling ‘celebrate’ my herkoms, Gansbaai en Hermanus, asook die belangrikheid dat die inheemse afstammelinge in die area onthou sal word en eer betoon sal word.”
Jolyn is op 5 April 1990 in Blompark gebore en voltooi haar laerskooljare in Gansbaai Primêr. “Mnr Steve Jacobs, Gansbaai Primêr se taalonderwyser, was vir my ‘n mentor,” het sy destyds gesê. Haar trotse ouers is Jacobus en Jocelyn Phillips. Die Gans-Berg Nuus se vorige berigte het vertel van Jolyn se suksesvolle studiejare aan die Universiteit van Weskaapland, asook van haar debuutbundel, Tjieng Tjang Tjeries and other Stories, wat op 30 September 2016 tydens ‘n prestige geleentheid in Gansbaai Primêr se skoolsaal bekendgestel is. Overstrand se voormalige Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Rudolph Smith, het tydens die bekendstelling gesê: “Jy is ‘n absolute inspirasie oor wat alles met harde werk en toegewydheid bereik kan word. Deur jou voorbeeld het jy bewys dat alles moontlik is, indien jy in jouself glo.”
Na verdere publikasies deur Jolyn, asook studies, verwerf sy haar Meestergraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Weskaapland in September 2014. Die redaksie van die Gans-Berg Nuus wens Jolyn van harte geluk met haar doktorsgraad en wens haar ‘n suksesvolle toekoms toe.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.