Blog

Doktorsgraad vir ‘Gansbaai-produk’ - Jolyn Phillips

Doktorsgraad vir ‘Gansbaai-produk’ - Jolyn Phillips

Gans-Berg Nuus / News

Doktorsgraad vir ‘Gansbaai-produk’ - Jolyn Phillips

Dr Jolyn Phillips (34), ‘n gebore Gansbaaier van Blompark, het op 20 September 2024 haar Doktersgraad (PHD) in Engelse Letterkunde, wat sy aan die Universiteit van Weskaapland verwerf het, ontvang. Jolyn se studieleiers was Prof Antjie Krog en Prof Kobus Moolman. “My tesis het oor Bientang, ‘n sogenaamde inheemse vrou wat in die grot in Hermanus gebly het, gehandel,” vertel Jolyn. “My verhandeling ‘celebrate’ my herkoms, Gansbaai en Hermanus, asook die belangrikheid dat die inheemse afstammelinge in die area onthou sal word en eer betoon sal word.” 

Jolyn is op 5 April 1990 in Blompark gebore en voltooi haar laerskooljare in Gansbaai Primêr. “Mnr Steve Jacobs, Gansbaai Primêr se taalonderwyser, was vir my ‘n mentor,” het sy destyds gesê. Haar trotse ouers is Jacobus en Jocelyn Phillips. Die Gans-Berg Nuus se vorige berigte het vertel van Jolyn se suksesvolle studiejare aan die Universiteit van Weskaapland, asook van haar debuutbundel, Tjieng Tjang Tjeries and other Stories, wat op 30 September 2016 tydens ‘n prestige geleentheid in Gansbaai Primêr se skoolsaal bekendgestel is. Overstrand se voormalige Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Rudolph Smith, het tydens die bekendstelling gesê: “Jy is ‘n absolute inspirasie oor wat alles met harde werk en toegewydheid bereik kan word. Deur jou voorbeeld het jy bewys dat alles moontlik is, indien jy in jouself glo.” 

Na verdere publikasies deur Jolyn, asook studies, verwerf sy haar Meestergraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Weskaapland in September 2014. Die redaksie van die Gans-Berg Nuus wens Jolyn van harte geluk met haar doktorsgraad en wens haar ‘n suksesvolle toekoms toe.

Hardus Botha

Doktorsgraad vir ‘Gansbaai-produk’ - Jolyn Phillips

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News - 22 May 2026

Gans-Berg News - 22 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.

Gans-Berg News - 15 May 2026

Gans-Berg News - 15 May 2026

From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg News - 30 April 2026

Gans-Berg News - 30 April 2026

The latest edition of Gans-Berg Nuus highlights key local stories, community milestones, and upcoming events in the Overberg. 

Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out No...

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!