Filler: Mole Snake
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
‘Huis’-moles by die groep bosslapers naby die stortingsterrein buite Gansbaai, het op Donderdag, 17 Oktober 2024 omstreeks 10:30 gelei tot die moord op ‘n 24-jarige man van Masakhane. Hy is vermoedelik met ‘n byl en graaf vermoor. Na wat verneem word, het die oorledene een van die vrouens by die slaapplek aangerand en/of gemolesteer, waarna hy vermoedelik deur een van die mans vermoor is. ‘n Gat is net daar gegrawe, waarin die oorledene begrawe is. Een van die verdagtes het op Vrydag, 18 Oktober 2024 in die Hermanushof verskyn.
Sewe verdagtes, waarvan 5 mans en 2 vrouens, vermoedelik almal deel van die groep bosslapers, is in hegtenis geneem. Met die ter perse gaan van hierdie uitgawe, het al 7 reeds in die Hermanushof verskyn. Dit blyk dat een van die verdagtes self die moord by Gansbaaai SAPD aangemeld het, ‘aangesien sy gewete hom gepla het’.
Gansbaai SAPD-lede het die area besoek en sowat 10m x 10m afgesper, terwyl hulle op forensiese-beamptes gewag het. Die liggaam is uit die gat verwyder en AO Wouter von Waltzleben van Gansbaai Speurdiens het, as die ondersoekbeampte, die moordsaak oorgeneem. “Hulle hond met kleintjies het uiters aggressief opgetree en ons moes maar op ons hoede wees,” het AO Von Waltzleben gesê. “Onder andere is een van die toeskouers aangeval en moes behandeling ontvang.”
AO Von Waltzleben het bevestig dat die oorledene se ouers reeds in kennis gestel is. Geen foto’s van die verdagtes mag op hierdie stadium geplaas word nie. Na verneem word is die bosslapers se ‘kampplek’ en tente intussen reeds uit die area verwyder. Die Gans-Berg Nuus het ‘n tyd gelede berig oor ‘n brand wat by dieselfde slaapplek ontstaan het, maar betyds deur Gansbaai Brandweer geblus is alvorens ‘n veldbrand kon ontstaan.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreA punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.
Die jaar is bykans agter die rug en dit is weer tyd vir ons jaarlikse Vissermansdankdiens.