Gans-Berg News - 30 January 2026 Edition
Gans-Berg News - 30 January 2026 edition.
‘n Gesellige Borskankerstap met Oktober as Borskankermaand, is in Perlemoenbaai deur Elsa Nimb gereël. Die groep het by Stanford’s Cove begin stap en sowat 2.3km tot by Elsa se huis gestap - die stappers het pienk uitrustings gedra. Hulle het terselfdertyd na ‘n kanker-bewusmakingspraatjie geluister. “Die doel van die stap was om opnuut bewusmaking vir Borskanker te skep, maar ook om ons donasie aan Hospice vir hul wonderlike werk te skenk,” het Elsa gesê.
“Ons stap was heerlik en gesellig en almal het dit terdeë geniet,” vertel Elsa. “Ons het ook besluit om die volgende naweek in Die Strand te gaan stap en beplan ook om ons staptog ‘n jaarlikse instelling te maak.”
Daar was ‘n prys vir die “Best Dressed”, maar die aanvanklike wenner het haar prys teruggegee - Annaleen Genade was toe die gelukkige persoon om dit te ontvang. Interessante gesprekke oor die belangrikheid van gesonde eetgewoontes en gewigsverlies is ook gevoer. “Dit was ‘n wonderlike ervaring gewees, maar die beste vir my is die nuwe vriendskapsbande wat gesmee is,” het Elsa gesê. Belangstellendes in hulle volgende staptogte kan vir Elsa by 082 575 9008 kontak.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGans-Berg News - 30 January 2026 edition.
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.