Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Wat ‘n moeilike jaar vir die duiweboere was dit nie? Die weersomstandighede het alles behalwe saamgespeel, met reën, stormsterkte winde en mis wat aan die orde van die dag was. Desondanks het die duiweboere hul staal gewys.
Met die bekendmaking van die finale uitslae, is Gansbaai Posduifklub eerste in die Overberg Posduif Unie. Nie net is daar 5 Gansbaai duiweboere onder die Top Tien nie, maar die Algehele Kampioen in altwee klubs is ook van Gansbaai - Louis Groenewald. Hy het van die begin af met ‘n enorme puntetelling voorgeloop - Louis het Gansbaai ‘lekker gemaak’.
Gansbaai Posduifklub se jaareind-uitslae is soos volg:
Louis Groenewald 1ste; Senior Germishuys Hokke 2de; J & J Swart 3de; Fourie Lofts 4de; C & R Kruger 5de; Human Lofts 6de; Seun du Bruyn 7de; Norman Senior Stevens 8ste.
Die Top Tien Kampioene in die Overberg Posduif Unie is:
Louis Groenewald 1ste (Gansbaai); J & J Swart 2de (Gansbaai); Senior Germishuys Hokke 3de (Gansbaai); W & M Smith 4de (Caledon); B Groenewald 5de (Bredasdorp); G Daniels 6de (Caledon); J Rickett 7de (Grabouw); A Little 8ste (Caledon); Fourie Lofts 9de (Gansbaai); C & R Kruger 19de (Gansbaai).
Baie geluk aan hierdie Top Tien duiweboere en boerinne, julle het baie goed gevaar tydens ‘n baie moeilike Wedvlugseisoen - hoede af vir julle!
Die Kortpad Kampioen én die Middelpad Kampioen is Louis Groenewald (Gansbaai); die Langpad Kampioen is G Daniels (Caledon). Baie geluk aan hierdie twee duiweboere met hul prestasies.
Al Wat nou vir die Gansbaai Posduifklub, asook die Overberg Posduif Unie oorbly, is hulle Jaareindfunksies waaroor later gesels sal word.
Groete,
André Vorster 072 248 8818
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.