Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Ja-nee, dit was hoogtyd dat die Gans-Berg Nuus aan ‘personeel-uitbreiding’ begin dink het - al sluit die ‘nuweling’ eers in Januarie 2025 by die span aan - en in doeke!
Saskia van Zyl, Michelle van Zyl (eienaar van Gans-Berg Nuus) se dogter en Darius de Wet se Babatee en Doekebraai het op Saterdag, 26 Oktober 2024 plaasgevind - en wat ‘n spoggerige en gesellige geleentheid was dit nie?! Die saal by Gansbaai Sportgronde was pragtig versier, met ‘amperse’ Ouma Michelle en haar helpers wat Saterdagaand moeg en gedaan in die bed geklim het, maar alles was die moeite werd.
Nou word daar angstig gewag op die seuntjie se aankoms vroeg in die nuwe jaar. Dr Pierre Nel sal moet wikkel met Gansbaai se hospitaal, al is dit net met ‘n kamer en ‘n dokter (dalk hyself!) wat die kleinding kan ‘vang’ - dis nou vir ‘n goeie voorbladberig: ‘Gans-Berg Nuus se baba die eerste vir Gansbaai Hospitaal’ - neem kennis hiervan, Pierre, ons maak staat op jou!
Die res van die personeel van Gans-Berg Nuus wens Saskia voorspoed en goeie gesondheid toe in afwagting op die nuweling - ons vertrou dat die kleinding groot vreugdes vir jou en Darius sal meebring, asook vir Ouma Michelle, natuurlik!
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.