Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition
The latest edition of Gans-Berg News is out now!

Ja-nee, dit was hoogtyd dat die Gans-Berg Nuus aan ‘personeel-uitbreiding’ begin dink het - al sluit die ‘nuweling’ eers in Januarie 2025 by die span aan - en in doeke!
Saskia van Zyl, Michelle van Zyl (eienaar van Gans-Berg Nuus) se dogter en Darius de Wet se Babatee en Doekebraai het op Saterdag, 26 Oktober 2024 plaasgevind - en wat ‘n spoggerige en gesellige geleentheid was dit nie?! Die saal by Gansbaai Sportgronde was pragtig versier, met ‘amperse’ Ouma Michelle en haar helpers wat Saterdagaand moeg en gedaan in die bed geklim het, maar alles was die moeite werd.
Nou word daar angstig gewag op die seuntjie se aankoms vroeg in die nuwe jaar. Dr Pierre Nel sal moet wikkel met Gansbaai se hospitaal, al is dit net met ‘n kamer en ‘n dokter (dalk hyself!) wat die kleinding kan ‘vang’ - dis nou vir ‘n goeie voorbladberig: ‘Gans-Berg Nuus se baba die eerste vir Gansbaai Hospitaal’ - neem kennis hiervan, Pierre, ons maak staat op jou!
Die res van die personeel van Gans-Berg Nuus wens Saskia voorspoed en goeie gesondheid toe in afwagting op die nuweling - ons vertrou dat die kleinding groot vreugdes vir jou en Darius sal meebring, asook vir Ouma Michelle, natuurlik!
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThe latest edition of Gans-Berg News is out now!
This week's edition features important community news...
This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.
This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.
From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.