Tagtig jaar van Gemeente wees - 1944-2024

Tagtig jaar van Gemeente wees - 1944-2024

Gans-Berg Nuus / News

Image

Tagtig jaar van Gemeente wees - 1944-2024

Gansbaai NG-gemeente vier vanjaar hul 80ste bestaansjaar - 1944 tot 2024, nadat die gemeente in 1944 van die NG-gemeente in Stanford afgestig het. Die gemeente is op 22 November 1944 deur die Ringskommissie gestig, met 690 lidmate. “Hoe kan ons anders as om al die dank en die eer en die lof van ons harte aan God te bring!” - lui die inleidende paragraaf van ‘n spesiale uitgawe van die gemeenteblad, Seestrome.

Seestrome is gevul met 80 jaar se geskiedenis, insluitend kosbare ‘toeka-jare’ se foto’s - ‘n moet om in die hande te kry. Die groot area wat deur die makro-gemeente bedien word, strek vanaf De Kelders deur tot by Pearly Beach en Baardskeerdersbos, insluitend die plaasgemeenskappe.

Die gefinaliseerde Feesprogram vir die Feesweek sluit ‘n verskeidenheid van interessante en gesellig aktiwiteite in:
Sondag, 17 Nov - Jeugkerssangdiens met verversings, 18:00; Maandag, 18 Nov - ‘n Bustoer met SD Fourie as gids deur De Kelders, Gansbaai, Kleinbaai, Franskraal, Uilenkraalsmond en Baardskeerdersbos, met verhale en geskiedenis van ons area, bus vertrek om 10:00 vanaf NG-Kerkgebou; Dinsdag, 19 Nov - Gansbaai ‘Maak ‘n Las’, ‘n kuieraand met vis & skyfies, grappies, sang en stories-vertel; Woensdag, 20 Nov - Herhaling van Bustoer; Donderdag, 21 Nov - Ligte Klassieke-aand, ‘n Kaas & Wyn Musiekaand met Jeanine Williams as gaskunstenaar, asook plaaslike kunstenaars en verversings (bring eie wyn); Vrydag, 22 Nov - Vrydagmarkie met Strandveld Boere-orkes wat kom kuier; Saterdag, 23 Nov - Ontbyt, wat deur ds Willie Kotze en ds Hanri Joubert voorberei word - en hulle mag maar, glo gerus!; Sondag, 24 Nov - Erediens om 09:00 deur ‘n voormalige leraar, ds NJ van As, plus die gewilde Gemeente Kerssangdiens om 18:00.

Met die tong in die kies: Tydens die finale beplanningsvergadering is enkele opdragte aan ds Hanri Joubert en ds Willie Kotze gegee, met Hanri wat ‘vermoedelik’ bietjie meer gekry het as Willie. Hanri se opmerking: “Aag-wat, dis maar reg so, vir my ou Willa (Willie) sal ek enigiets doen,” met Willie se vinnige opmerking: “Ag, my moeder!”

Die Gans-Berg Nuus se redaksiespan dra graag hul opregte gelukwense aan die gemeente oor, met die vertroue dat die gemeente steeds die Here se hand van seëninge sal ervaar, soos hulle dit die afgelope 80 jaar ervaar het.

Vir enige navrae rakende die Feesweek van 17-24 November 2024, kan Elcine Hulme by 082 564 1959 gekontak word. Kaartjies vir die onderskeie aktiwiteite kan by die NG-kerkkantoor (028 384 0510) gekoop word.

Hardus Botha

Tagtig jaar van Gemeente wees - 1944-2024

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

The latest edition of Gans-Berg News is out now!

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

This week's edition features important community news...

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 2026)

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 20...

This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.

Gans-Berg News - 29 May 2026

Gans-Berg News - 29 May 2026

This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.

Gans-Berg News - 22 May 2026

Gans-Berg News - 22 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.

Gans-Berg News - 15 May 2026

Gans-Berg News - 15 May 2026

From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.