Filler: Mole Snake
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Mia Burgess (22), ‘n voormalige ‘Trotse Gansie’ van Laerskool Gansbaai en ‘n fenominale student aan die Universiteit van Stellenbosch, het aan die einde van haar finale jaar die vreugde en soet van pligsgetroue werk gedurende haar skool- en studiejare gesmaak. Mia is beloon met ‘n uitsonderlike toekenning: ‘Universiteit Stellenbosch se Rektorstoekenning vir Uitnemende Akademiese Prestasies’ (vir finale jaar studente) wat sy op 15 Oktober 2024 ontvang het.
Hierdie toekenning staan bekend as die mees “prestigious award” wat aan ‘n universiteitsstudent toegeken kan word - en slegs die Top 12 studente (uit ‘n totaal van 3 000) het toekennings tydens die glansryke geleentheid ontvang. Wim de Villiers, Rektor en Ada Jansen, ice-Dean, het die prestige toekenning aan Mia oorhandig.
Dit is egter nie al nie - op 26 September 2024 is Mia ook, tydens Universiteit Stellenbosch School of Accounting se toekenningsaand, as die B.Com Finansiële Bestuurswetenskappe se Top-student aangewys - met ‘n slaagsyfer van 94%. Mia kan sonder twyfel as ‘n fenominale student beskryf word.
Wat Mia se prestasies des te meer besonders maak, is dat sy op ouderdom 3 maande met erge siggestremdhede gediagnoseer is: Foviale hypoplasia, Strabisme en Okkulêre albanisme. ‘n Suksesvolle operasie op 18 maande het aan haar ‘n normale skoolloopbaan besorg. In Laerskool Gansbaai en Hoërskool Hermanus het Mia akademies van krag tot krag gegroei, met ‘n ellelange lys van toekennings agter haar naam. Die Gans-Berg Nuus het sowat 6 maande gelede volledig hieroor berig.
“As gevolg van my siggestremdheid, kon ek nie op skool aan sport deelneem nie,” vertel Mia. “Juis daarom was ek vasbeslote en gedetermineerd om akademies uitstekend te presteer.”
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreA punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.
Die jaar is bykans agter die rug en dit is weer tyd vir ons jaarlikse Vissermansdankdiens.