Blog

Emerituspredikante ‘kuier’ weer...

Emerituspredikante ‘kuier’ weer...

Gans-Berg Nuus / News

Emerituspredikante ‘kuier’ weer...

Dit was weer tyd vir Groter Gansbaai se emerituspredikante om afskeid van 2024 te neem. Hierdie groep aktiewe afgetrede predikante kom soms, asook aan die einde van elke jaar, bymekaar om sommer net gesellig saam te verkeer en om op vriendskapbande voort te bou. Heelparty van hulle staan steeds in met Eredienste in die NGK-gemeentes. Die emerituspredikante is deur hul gades vergesel, asook weduwees van afgestorwe leraars - in totaal sowat 25+.

Die onlangse funksie het op 7 November 2024 te Vergesigstraat 12, Pearly Beach plaasgevind. Die gasheer en -vrou was Willem (‘n ingenieur) en Marnette Janse van Rensburg. “Die binneplaas van die ‘kraaknuut’ Janse van Rensburgs se woning, met ‘n pragtige uitsig, is in ‘n ‘snoekbraai- feestelikheid’ omskep,” vertel die organiseerder van die funksie, ds Floors Avenant.

Die ou Staatmaker emerituspredikant, almal se ‘Ouboet’, ds Dries Auret, vroeër van Pearly Beach, het spesiaal vir die funksie kom kuier en die geleentheid met gebed geopen. Ds Auret en sy ou vissermansvriend, ds Hennie Basson, het vertel hoe die grotes ‘weggekom’ het.... Die ‘snoekbraai-meester’ was ds Dirk van Dyk en hy het gesorg dat die snoek ‘vingerlek-lekker’ was! Een van die predikante, dr Barend Vos, het goeie rede tot feesvieringe gehad - hy het onlangs die 100ste uitgawe van Uit die Beek, die oudste Afrikaanse Bybeldagboek, vrygestel. (Sien Gans-Berg Nuus se volgende uitgawe vir ‘n volledige berig). 

Om hierdie groep emerituspredikante, hul gades en die weduwees dop te hou, laat mens inderwaarheid aan ‘n gesellige ‘familie-byeenkoms’ dink, só geheg is die groep aan mekaar.

(Foto’s: Ds Floors Avenant)

Hardus Botha

Emerituspredikante ‘kuier’ weer...

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News - 30 January 2026 Edition

Gans-Berg News - 30 January 2026 Edition

Gans-Berg News - 30 January 2026 edition.

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Read the latest Gans-berg News Newspaper here.