Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
Dit was weer tyd vir Groter Gansbaai se emerituspredikante om afskeid van 2024 te neem. Hierdie groep aktiewe afgetrede predikante kom soms, asook aan die einde van elke jaar, bymekaar om sommer net gesellig saam te verkeer en om op vriendskapbande voort te bou. Heelparty van hulle staan steeds in met Eredienste in die NGK-gemeentes. Die emerituspredikante is deur hul gades vergesel, asook weduwees van afgestorwe leraars - in totaal sowat 25+.
Die onlangse funksie het op 7 November 2024 te Vergesigstraat 12, Pearly Beach plaasgevind. Die gasheer en -vrou was Willem (‘n ingenieur) en Marnette Janse van Rensburg. “Die binneplaas van die ‘kraaknuut’ Janse van Rensburgs se woning, met ‘n pragtige uitsig, is in ‘n ‘snoekbraai- feestelikheid’ omskep,” vertel die organiseerder van die funksie, ds Floors Avenant.
Die ou Staatmaker emerituspredikant, almal se ‘Ouboet’, ds Dries Auret, vroeër van Pearly Beach, het spesiaal vir die funksie kom kuier en die geleentheid met gebed geopen. Ds Auret en sy ou vissermansvriend, ds Hennie Basson, het vertel hoe die grotes ‘weggekom’ het.... Die ‘snoekbraai-meester’ was ds Dirk van Dyk en hy het gesorg dat die snoek ‘vingerlek-lekker’ was! Een van die predikante, dr Barend Vos, het goeie rede tot feesvieringe gehad - hy het onlangs die 100ste uitgawe van Uit die Beek, die oudste Afrikaanse Bybeldagboek, vrygestel. (Sien Gans-Berg Nuus se volgende uitgawe vir ‘n volledige berig).
Om hierdie groep emerituspredikante, hul gades en die weduwees dop te hou, laat mens inderwaarheid aan ‘n gesellige ‘familie-byeenkoms’ dink, só geheg is die groep aan mekaar.
(Foto’s: Ds Floors Avenant)
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThe latest edition of Gans-Berg News is out now!
This week's edition features important community news...
This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.
This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.
From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.