Ma en Seun Sterf 3 Dae Na Mekaar

Ma en Seun Sterf 3 Dae Na Mekaar

Gans-Berg Nuus / News

Ma en Seun Sterf 3 Dae Na Mekaar

Oud-Gansbaaiers

Ouma Koekie (Johanna) Lourens (85) en haar seun, Dons (Johan) Lourens (62), is onderskeidelik op 10 en 7 Oktober 2024 in Ouma Koekie se huis in Gansbaai oorlede - 3 dae na mekaar. Hulle is oud-Gansbaaiers, veral Ouma Koekie wat hier gebore is. Sy is op 15 Augustus 1939 in Franskraal Karavaanpark gebore en het aan demensie gelei. Dons is op 9 Januarie 1962 gebore en is aan hartversaking oorlede - met nie een van hulle wat ‘n lang siekbed gehad het nie, behalwe dat Dons die laaste tyd hartprobleme ondervind het. Hulle het in die groot Lourens-familiehuis in Gansbaai gewoon.

Ouma Koekie is Heinrich Lourens van Gansbaai se ouma en Dons is dus sy oom. Heinrich is ‘n bekende visserman en is met Tania Lourens van die bekende Ankers Akedemie Nasorg getroud. Gansbaaiers sal onthou van Ouma Koekie en haar eggenoot, wyle Rooibol van toeka-se jare. Sy was een van die baie min oud-Gansbaaiers wat nog gelewe het. Haar ouers was Jan en Ouma Henna Stukke, wat op hulle tyd Gansbaai-legendes was. Oud-Gansbaaiers sal Heinrich se pa, Carl Lourens, onthou, wat ook een van die min oud-Gansbaaiers is wat nog lewe. 

Dons was ook ‘n Trawler, wat later na See Visserye se patroliebote toe is. Hy het voor sy aftrede na Mosselbaai verhuis. Sowat 4 jaar gelede het Dons afgetree en by sy ma in Gansbaai kom woon. ‘n Gedenkdiens is deur ds Dirk van Dyk vir ma en seun, gelyktydig op 26 Oktober 2024, in die NG-kerkgebou gehou, met ‘n privaat verassing daarna. Die byna gelyktydige afsterwe van ma en seun was ‘n groot skok vir die familie.

Hardus Botha

Image 1

Foto 1:
Wyle ‘Koekie’ Lourens.

Image 1

Foto 2:
Wyle ‘Dons’ Lourens.

Ma en Seun Sterf 3 Dae Na Mekaar

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

State of Conservation Report

State of Conservation Report

The 2025 State of Conservation Report highlights the progress and priorities in protecting Western Cape biodiversity.

Gans-Berg News | 25 July 2025

Gans-Berg News | 25 July 2025

The 25 July 2025 issue of Gans-Berg Nuus covers a Mandela Day event in Caledon...

Marine Dynamics crowned winner of the ATTA® Marine Impact Award

Marine Dynamics crowned winner of the ATTA® ...

Marine Dynamics Shark and Whale Tours has been honoured with the ATTA® Marine Impact Award...

Hoogvlieg Vlerke

Hoogvlieg Vlerke

'n Suksesstorie bly 'n inspirasie, veral vir jongmense.

Geliefde boer van B'bos oorlede -Sweatie Germishuys-

Geliefde boer van B'bos oorlede -Sweatie Germ...

Sweatie Germishuys (76), 'n geliefde boer en kerkmens in die Baardskeerdersbos-omgewing, is op Maandag, 30 Junie 2025 onverwags oorlede.

Vyf kersies op Gans-Berg Nuus se verjaarsdagkoek

Vyf kersies op Gans-Berg Nuus se verjaarsdagk...

Op 3 Julie 2020, toe die Gans-Berg Nuus sy eerste 'lig' aanskou het, was dit in die 'hitte' van die Covid-pandemie - 5 jaar gelede.