Blog

Bietoubosklub - plek van ‘Hartsusters’

Bietoubosklub - plek van ‘Hartsusters’

Gans-Berg Nuus / News

Bietoubosklub - plek van ‘Hartsusters’

Die Bietoubos Damesklub het 2024 met ‘n gesellige ontbyt in die Pearly Beach Klubsaal afgesluit. “Ons klub is op 3 Augustus 1993 gestig,” was Elizma de Lange se openingswoorde. “Dit bring mens by die vraag uit: ‘Wat laat ‘n klub soos hierdie oor ‘n tydperk van 31 jaar steeds van krag tot krag groei?’” Elizma het na Antoinette Pienaar op haar RSG-program verwys wat oor susters en hartsusters gepraat het - almal het nie biologiese susters nie, maar elke vrou het ‘n hartsuster nodig.

“Met 'n hartsuster kan jy saam lag, saam huil, 'n geheim deel wat jy weet 'n geheim sal bly en soms net 'n koppie tee in stilte saam drink om ontstuimige gemoedere rustiger te kry,” het Elizma gesê. “Dít is miskien waarom die Bietoubossers gekom het om te bly: hier vind ons ons hartsusters wat ons lewens oneindig verryk.” Sy het ook verwys na gassprekers tydens hulle byeenkomste wat hulle kennis verbreed het en wat agterna tussen hartsusters bespreek en uitgepluis is.

Elizma het die volgende kosbare Kersfeesgedig van Lina Spies aan die groep voorgelees:

Protes teen Kersfees

Ek gaan my knoes hou hierdie Kersfees; Horende doof vir ‘Stille Nag’ in Supermarkte, siende blind vir wattesneeu teen vensterrame. Die sluipende ou heer met sy rooimantel en wit baard gaan ek vermy. Ek gaan na ons nagtelike somerhemel kyk en my voorstel hoe die ster bokant sal lyk. Ek gaan my ore toestop vir die geklingel van sleeklokkies om te luister hoe die engele sing. Ek wil my vasklem aan die krip omdat ek só kan vasgryp aan die kruis: Koningshulde - wierook, mirre, goud - uiteindelik géselslae, doringkroon, vloekhout.

Hardus Botha

Bietoubosklub - plek van ‘Hartsusters’

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!