Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition
Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Die Bietoubos Damesklub het 2024 met ‘n gesellige ontbyt in die Pearly Beach Klubsaal afgesluit. “Ons klub is op 3 Augustus 1993 gestig,” was Elizma de Lange se openingswoorde. “Dit bring mens by die vraag uit: ‘Wat laat ‘n klub soos hierdie oor ‘n tydperk van 31 jaar steeds van krag tot krag groei?’” Elizma het na Antoinette Pienaar op haar RSG-program verwys wat oor susters en hartsusters gepraat het - almal het nie biologiese susters nie, maar elke vrou het ‘n hartsuster nodig.
“Met 'n hartsuster kan jy saam lag, saam huil, 'n geheim deel wat jy weet 'n geheim sal bly en soms net 'n koppie tee in stilte saam drink om ontstuimige gemoedere rustiger te kry,” het Elizma gesê. “Dít is miskien waarom die Bietoubossers gekom het om te bly: hier vind ons ons hartsusters wat ons lewens oneindig verryk.” Sy het ook verwys na gassprekers tydens hulle byeenkomste wat hulle kennis verbreed het en wat agterna tussen hartsusters bespreek en uitgepluis is.
Elizma het die volgende kosbare Kersfeesgedig van Lina Spies aan die groep voorgelees:
Protes teen Kersfees
Ek gaan my knoes hou hierdie Kersfees; Horende doof vir ‘Stille Nag’ in Supermarkte, siende blind vir wattesneeu teen vensterrame. Die sluipende ou heer met sy rooimantel en wit baard gaan ek vermy. Ek gaan na ons nagtelike somerhemel kyk en my voorstel hoe die ster bokant sal lyk. Ek gaan my ore toestop vir die geklingel van sleeklokkies om te luister hoe die engele sing. Ek wil my vasklem aan die krip omdat ek só kan vasgryp aan die kruis: Koningshulde - wierook, mirre, goud - uiteindelik géselslae, doringkroon, vloekhout.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreHere’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...