Gans-Berg Nuus / News | 4 September 2026
Stay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
Overberg Houtwerkgilde het hulle beitels en alle toerusting wat daarmee gepaard gaan, op Vrydag, 15 November 2024 neergelê - dit was hierdie aktiewe houtwerkgilde se Jaareindfunksie in die NGK se Kleinsaal.
“Ons het terselfdertyd erkenning gegee aan vier van ons lede wat reeds die ouderdom van 80 bereik het,” vertel De Wet Conradie, Sekretaris van die gilde. “Ons het ook ons spesiale waardering aan Hennie Prinsloo oorgedra vir die maandelikse gebruik van sy besigheidsperseel, Progress Design, vir ons byeenkomste, asook vir sy kennis wat hy met ons deel.”
Van die 4 lede ouer as 80 waarna De Wet verwys het, is drie reeds vir die afgelope 19 jaar lede van die gilde: Gerald Henrici (81), Herman Taljaard (82) en Roger Voigt (83). Die 4de een is Con van Eyssen (80), ‘n lid vir die afgelope 15 jaar. Die Overberg Houtwerkgilde het vroeër vanjaar hulle 30ste bestaansjaar gevier.
Dirk Staal, voorsitter van die Overberg Houtwerkgilde en sy eggenote, Marie, het die geskenke wat uitgedeel moes word, hanteer en uitgeruil. Die groep ‘houtwerkers’ het ‘n gesellige afsluitingsfunksie saam met hulle gades geniet, terwyl die gereedskap en masjienerie tot volgende jaar weggebêre is.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreStay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is here!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out now!