Gans-Berg Nuus / News | 4 September 2026
Stay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.

‘n Man, met 46 onwettige perlemoene in sy besit, is Sondagaand, 24 November 2024 naby Middelkusweg, Perlemoenbaai deur Gansbaai SAPD-lede gearresteer. Lt.Kol Janse van Rensburg van Gansbaai SAPD het bevestig dat die man op Maandag, 25 November 2024 in die Hermanushof verskyn het vir die besit van onwettige perlemoen.
Die verdagte is deur Perlemoenbaai Buurtwag se moniteringstelsel opgetel as ‘n ‘ronddwaler’, min wetende dat hy in die besit van perlemoen was. Die primêre doel van buurtwagte is die bekamping van misdaad in die woonbuurte en hulle fokus op onbekende ‘ronddwalers’ in die woonbuurtes, met groot suksesse. Hulle fokus dus nie persy op perlemoensmokkelaars nie en wil ook nie daarby betrokke raak nie, het die Gans-Berg Nuus verneem. Die man wat gearresteer is, is dus aanvanklik bloot gesien as ‘n ‘ronddwaler’ wat nie daar gehoort het nie, die feit dat hy onwetige perlemoen in sy besit gehad het, was dus blote toeval.
Die volgende bedankings is op die buurtwag se groep vermeld: Gansbaai SAPD, Core- en Eagle Sekuriteitsdienste, Wetstoepassers, Computer Hut en die buurtwag se patrolliemanne - almal wat ‘n groot bydrae tot die beveiliging van Perlemoenbaai lewer.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreStay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is here!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out now!