Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026
Catch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!
Die jaar is bykans agter die rug en dit is weer tyd vir ons jaarlikse Vissermansdankdiens. Gansbaai Marine borg weer die koste van die beplanning en uitvoering van hierdie 61ste jaarlikse Vissermansdankdiens, met erkenning vir die rol wat Gansbaai Pelagies in die vang van pelagiese vis speel, asook die lewering daarvan aan die fabriek vir verwerking in verskeie produkte.
Die afgelope jaar was ‘n baie moeilike jaar vir ons vissermanne. Die weer was uitdagend en die laaste goeie vangste was rondom April vanjaar en dit raak ook ons lyn- en rotsvissers. Maar deur die vet en die maer jare, het die vissersbedryf van Gansbaai biddend en dankend volgehou.
Nou maak ons weer so - om dankie te sê vir die jaar wat verby is. Ons plaaslike kerke word, soos in die verlede, gevra om voor te vat en ons vissersgemeenskap byeen te roep. Almal wat geraak word, elkeen wat belangstel, of wil ondersteun, is baie welkom. Wat vanjaar bykom met die dankdiens, is die herinweiding van die kennisgewingbord met die vuurtoring- en kruislogo, met die bekende inskripsie:
“HAWE VAN GOD SE GENADE”.
Die DOGS of WAR Motorfietsgroep is verantwoordelik vir die borg-, ontwerp- en opsit daarvan.
Besonderhede:
Plek - Gansbaai Hawe, voor Boathouse Restaurant.
Hekke open om 16:OO.
Gratis biljette beskikbaar vanaf 17:OO. Ontmoeting by hernude Logobord om 18:30.
Saamtrek voor boothuis met Gansbaai Lions wat plekke aanwys.
Samesang - 18:45.
Diens - 19:OO.
Afrikaanse prediker: Past Paul J van Rensburg.
Engelse prediker: Rev Davene Vermeulen.
130 stoele word deur Lede in Christus verskaf, maar bring aub stoele saam vir gebruik agterop-, langs-, of voor u voertuig - daar is gewoonlik ‘n tekort aan stoele. Sit gerus ook in u voertuig.
Laat gasvryheid ons leuse wees.
NOTA:
In geval van stormweer, verskuif die diens na ons AGS Lofsentrum, Mullerstraat, 20, Gansbaai.
OUR SERVICE OF DEDICATION WILL TAKE PLACE ON 12 JANUARY 2025, 18:30 FOR 19:00. DETAIL TO FOLLOW.
Enquiries:
Floors Avenant - 082 820 8966
Norman Sauls - 066 028 3702
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!
This week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...
This week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.
Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.
This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.