Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1 van Jeanette Roux in Uilenkraalsmond - dit sal deur en deur die moeite werd wees en nader aan ‘n ‘Wit Kersfees’ as dít, kan mens nie kom nie.
Jeanette het buitengewone moeite met haar beplanning en voorbereiding gedoen. Die meeste van wat te sien is, het sy self vervaardig, maar op kleinskaal volgens die werklike beelde, geboue en besienswaardighede in Holland. Dan het sy ook heelparty items self in Holland gaan haal en hierheen gebring, selfs sneeu - van busse, motors, trokke, huise en, noem maar op, alles is volgens skaal vervaardig.
Foto’s kan nie Jeanette se ‘Lighuis’ in Uilenkraalsmond beskryf nie, ‘n persoonlike besoek is noodsaaklik - “mens raak skoon verlore om alles te besigtig,” het iemand gesê. Sy het ook self haar Kersboom gemaak en daar is onder ander ‘n houtvervaardigde slee met ‘n Kersvader waar foto’s teen ‘n donasie van R5 geneem kan word - en vergeet nie van die kompleet sneeu-ysskaatsbaan nie!
Vir ‘n ‘Wit Kersfees’ soos nog nooit gesien nie, gaan kyk gerus na Jeanette se ‘Lighuis’.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.