Tuinkompetisie Dien As Voorbeeld
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Louis kraai ook hier koning
Vanjaar was daar geen keer aan Louis Groenewald nie. Net soos tydens die Gansbaai Posduifklub se prysuitdelingsfunksie (Gans-Berg Nuus, 22 November 2024), het Louis ook tydens die Overberg Posduif Unie se prysuitdelingsfunksie op Saterdagaand, 30 November 2024 koning gekraai en met die grootste deel van die trofeë huiswaarts gekeer.
Willie Marais, voorsitter van Gansbaai Posduifklub, asook van Overberg Posduif Unie, het die verwelkoming hanteer. “Dit is ‘n groot jammerte dat so min mense vir hierdie pragtige funksie opgedaag het,” het hy gesê. ‘n Pragtige en gesellige funksie is gereël, met ‘steak’ vanuit die boonste rakke. Willie het Norman (Jnr) Stevens, wedstrydsekretaris, aan die woord gestel vir die uitlees van die wenners se name, met Jeanie Grobler wat die sertifikate en trofeë oorhandig het.
Louis Groenewald kon net sowel voor bly staan het: 1ste Algeheel 2024 Kampioen; Jong duif; Ope duif; Kortpad - Jong duif, Ope duif en Algeheel; Middelpad - Jong duif en Algeheel; 6 x Wedvlugte. Nog Gansbaaiers wat uitgeblink het, is Japie Swart van J & J Swart, Charl Kruger van C & R Kruger, Careen Fourie van Fourie Lofts en Germishuys Hokke.
Die Top 10 in die Overberg Posduif Unie, waarvan die helfte (5) Gansbaaiers is, is: 1ste Louis Groenewald (Gansbaai); 2de J & J Swart (Gansbaai); 3de Germishuys Hokke (Gansbaai); 4de W & M Smith; 5de B Groenewald; 6de G Daniels; 7de J Ricket; 8ste A Little; 9de Fourie Lofts (Gansbaai); 10de C & R Kruger (Gansbaai).
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreDie deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.
Die jaar is bykans agter die rug en dit is weer tyd vir ons jaarlikse Vissermansdankdiens.
Die Wheelie Bunch beplan ‘n tweede byeenkoms te Groeneweide wat op Maandag, 16 Desember 2024 plaasvind - Disability Awareness Day.
Marion Island, the larger of the two sub-Antarctic Prince Edward Islands, is a critical breeding ground for seabirds and wildlife...
‘n Man, met 46 onwettige perlemoene in sy besit, is Sondagaand, 24 November 2024 naby Middelkusweg...