Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon. Die deelnemers was dit eens dat hierdie kompetisie nie noodwendig oor wen of verloor gaan nie, maar dat dit vir hulle ‘n voorreg is om met hulle netjiese tuine ‘n voorbeeld aan die res van die gemeenskap te stel om dieselfde te doen.
Gansbaai Toerisme is van mening dat die Tuinmaak-ambassadeurs die gemeenskap inspireer en tot groter hoogtes dryf. Die pryse is op 2 Desember 2024 oorhandig en die uitkoms het op uitstekende resultate gedui met netjiese en pragtige blom- en groentetuine van hoogstaande gehalte.
Blompark-wenners:
1ste prys: Blomtuin - Elizabeth Kondoktor; 2de prys: Mees kreatiwe Blomtuin - Lena Europa; 1ste prys: Blom- en Groentetuine - Strandlopertjies kleuterskool en Freek Phillips; VGK-gemeente vir Beginners Blomtuin; Hazel Groenewald vir Beginners Blommetuin. Freek Phillips, bekend vir sy mooi tuin voor Silwerjare Dienssentrum, het ‘n ‘trollie’ benodig vir al die pryse wat hy ingepalm het.
Masakhane-winners:
1st prize Flower Garden - Nzameni Mane; 1st prize Vegetable Garden - Zamile Joja; 2nd prize Vegetable Garden - Thobeka Vivashe.
Die Gans-Berg Nuus wens die wenners, asook die res van die deelnemers, van harte geluk met hulle prestasies en volgehoue harde werk, met die boodskap: “Doen so voort en inspireer die res van die gemeenskappe!” Die kompetisie was ‘n viering van tuinbou-uitnemendheid, met tuine vol kleur en kreatiwiteit. Die beoordelaars was beïndruk deur die toewyding en harde werk wat deur alle deelnemers aan die dag gelê is.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.