Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
1ste 2025-kompetisie begin goed
Saterdag, 7 Desember 2024 se boothengelkompetisie van die Birkenhead Boothengelklub was die eerste kompetisie vir 2025, aangesien die seisoen vir die klub jaarliks voor die Jaareindfunksie sluit. Mooi visse, asook snoeke, is gevang en die hengelaars het nou reeds begin om hulle posisies vir 2025 vas te maak.
Kompetisie-uitslae:
5 bote het ingeskryf, waarvan al 5 ingeweeg het. Die totale bemanningslede was 17, waarvan 2 dames was en 1 ‘n junior - ‘n goeie begin vir 2025. 6 spesies (114 visse) is ingeweeg, met 'n totale massa van 96kg. Die gemiddelde massa per hengelaar was 5.65kg.
Volledige uitslae:
Die volledige uitslae is soos volg:
Swaarste vis, Marinus Kleyn (snoek, 3.15kg); 2de Swaarste vis, Walter Mapham (snoek, 2.8kg); Swaarste sak Mans, Joe Smit (9.4kg); 2de Swaarste sak Mans, Walter Mapham (9.1kg); Swaarste sak Dames, Anita Vermeulen (5.4kg); 2de Swaarste sak Dames, Joey Rademeyer (1,2kg); Swaarste sak Juniors, Ruan Langley (7.6kg); Swaarste bootgemiddeld, WaCa van Carl Dyer (7.73kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Scarma van Kenny Owen (6.28kg).
Voorlopers:
1ste 4 Bootkampioene:
WaCa van Carl Dyer (7.73kg); Scarmax van Kenny Owen (6.28kg); Poseidon van Lester Langley (5.44kg); GI Joe van Joe Smit (5.30kg).
1ste 6 Visvangkampioene Mans:
Joe Smit (9.40kg); Walter Mapham (9.10kg); Norman Kemm (9.0kg); Marinus Kleyn (8.75kg); Philip Fourie (7.85kg); Robbie Nelson (5.80kg).
1ste 6 Visvangkampioene Dames:
Anita Vermeulen (5.40kg); Joey Rademeyer (1.20kg).
Visvangkampioen Juniors:
Ruan Langley (7.60kg).
Nou wag 2025 se maandelikse kompetisies op die hengelaars, met ‘n gereelde wipplank-ryery waar dit by die kampioene in die onderskeie kategorieë kom.




Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThe latest edition of Gans-Berg News is out now!
This week's edition features important community news...
This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.
This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.
From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.