Gans-Berg News - 30 January 2026 Edition
Gans-Berg News - 30 January 2026 edition.
Die motorfietsklub, Dogs of War, het hulself al deur en deur bewys as motorfietsers met klein, omgee-harte waar dit by liefdadigheid kom. So was dit ook onlangs die geval by Harbour on Deck van Junior (Pieter) en Bronwyn van der Westhuizen.
Die pragtige bedrag wat aan Suzette Botha van Overstrand Hospice oorhandig is, was ‘n groot spanpoging - met Junior en Bronwyn, asook Hilda Rodrigues, Bestuurder, wat die puik reëlings by Harbour on Deck getref het, asook ‘n sanggroep wat hulle gereël het om die verrigtinge mee af te sluit. Ander rolspelers was Ouskool in Baardskeerdersbos, Kuslangs en Buitesteen, asook Gansbaai-inwoners en natuurlik al die motorfietsers. Dogs of War se motorfietsers het behoorlik ‘n erewag vir Suzette gevorm en almal het op die trappe van Harbour on Deck bymekaargekom vir die oorhandiging.
“Vir my as mamma gaan dit alles oor die bewusmaking van kanker,” het Hilda gesê. “Ons het ‘n pers kleurskema gebruik, aangesien dit die kleur van die testikulêre kanker is waarmee my seun, Michael Rodrigues, gediagnoseer is.” Michael is ‘n skrale 3 weke na sy diagnose op 22 Augustus 2024 oorlede. “Ons Harbour on Deck ‘spray or shave event’ was ter ere van Michael gereël,” het Hilda bygevoeg.
Een van die ‘Bickers’, Jannie (Slangvel) Vermeulen, het vanjaar, soos vorige jare, sy baard aan die jaarlikse kanker-rit geskenk. Dirkie Kotze het met sy mes Jannie se baard afgesny en dit daarna opgeveil - sy baard was ‘n pragtige R900 vir Hospice werd! Verskeie ander motorfietsers het ook hulle hare gekleur of afgesny as deel van die fondsinsameling, maar ook as ondersteuners van Kansa.


Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGans-Berg News - 30 January 2026 edition.
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.